Die vermaarde digter Don Mattera, ontvanger van die Orde van die Kremetart (goud), in gesprek met Heindrich Wyngaard oor 'n huldigingsgeleentheid vir hom die naweek.
Wim en Kevin, die twee boesemvriende van die klug-fliek "Vuil Wasgoed", kan vergelyk word met die destydse komiese paar Al Debbo en Frederik Burgers, berig Anna-Marie Jansen van Vuuren.
'n Deskundige op die gebied van transisionele geregtigheid sê die nuwe administrasie in Zimbabwe moet die regerende ZANU-PF party se rol in menseregteskendings erken om plaaslike en internasionale geloofwaardigheid te wen. Piers Pigou is 'n senior konsultant in Suider-Afrika vir die Krisisgroep, wat op die voorkoming van wêreld-konflik fokus. Pigou het ook ervaring van twee waarheidskommissies. Hy het ook gehelp om verskeie projekte vir die slagoffers van marteling en ander menseregteskendings in Zimbabwe te vestig. Darren Taylor het meer besonderhede...
Sterk gerugte doen die ronde dat afgevaardigdes by die ANC se komende nasionale leierskapkonferensie tot R70 000 elk vir hul stem aangebied word. Heindrich Wyngaard het die etiekkenner prof. Piet Naude, direkteur van die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool, daaroor gepols.
Goeie reën het die afgelope week in groot dele van die land geval. Motoriste word gemaan om veilig te ry in die weerstoestande. Die besturende direkteur van driving.co.za, Rob Handfield-Jones sê 'n veilige volgafstand is van uiterste belang.
Die maatskaplike sekerheidsagentskap, oftewel SASSA, sê begunstigdes moet versigtig wees vir swendelaars oor die feestyd. SASSA sê die misdadigers wil begunstigdes se persoonlike inligting bekom en dit misbruik
Die meeste kabinetslede se 2017-prestasies is deur die DA met 'n F-simbool beloon. Hier is die politieke ontleder dr. Piet Croucamp en die hoof van AfriSake, Piet le Roux, se reaksies hierop teenoor Heindrich Wyngaard.
Die benoemingsproses in die ANC se leierskapstryd is uiteindelik aanduidend van die rigting wat die land polities inneem, sê prof. Susan Booysen, politieke ontleder, oor die stand van sake in die aanloop tot die ANC se nasionale konferensie. Sy het met Heindrich Wyngaard gepraat.
Drie Desember 1967 sal vir altyd onthou word as die dag waarop 'n Suid-Afrikaner die wêreld verstom het. Dr Chris Barnard het op die dag die eerste wetenskaplike geword om die hart van 'n mens suksesvol oor te plant. Maar die merkwaardige gebeurtenis het nie sonder sy kwota politiek gepaard gegaan nie, sê Marina Joubert, 'n navorser in wetenskapkommunikasie aan die Universiteit Stellenbosch.
3 min
About Monitor
From the publisher's feed
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.