Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    In 2016 is meer as vyfduisend voetgangers op Suid-Afrikaanse paaie oorlede. Statistiek oor voetgangers wat beseer is, is egter nie beskikbaar nie. Een so 'n voetganger is die tien-jarige Herman van der Merwe. Op Dinsdag 8 Augustus het klein Herman se lewe dramaties verander, toe hy op pad na die skool, deur 'n voertuig raak gery is. Hier is sy storie.
    12 min
  • Monitor
    Die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, sê stemgeregtigdes wat aan 'n opname deelgeneem het, verkies by verre adjunkpresident Cyril Ramaphosa wanneer hulle gevra word wie hulle dink die nuwe president van Suid-Afrika behoort te wees. Ipsos se direkteur vir openbare menings, Mari Harris, verduidelik die uitslag van die opname. Daarna neem die politieke ontleders, Melanie Verwoerd en prof. Susan Booysen, dít en die naweek se ANC-leierskapskonferensie in oënskou.
    22 min
  • Monitor
    "In een oomblik verander alles". "Dit is hoe maklik 'n ongeluk kan gebeur." Dit is van die vele stellings wat jy jaarliks tydens padveiligheidbewusmakingsveldtogte hoor. Volgens statistiek van die Padverkeersbestuurskorporasie, word 4 mense ernstig beseer vir elke mens wat op Suid-Afrikaanse paaie sterf. Volgens die jongste statistiek van 2016, is net meer as 14 duisend mense dood. Die statistiek oor ernstige beserings word nie meer deur die Padverkeersbestuurskorporasie vrygestel nie. Melissa Tighy het die verslag saamgestel, na haar besoek aan 'n rehabilitasiehospitaal in Johannesburg.
    11 min
  • Monitor
    Hoewel die tyd vir baie mense 'n vreugdevolle tyd is, veroorsaak dit vir ander spanning en laat dit sommiges teneergedruk voel. Dr. Rykie Liebenberg, 'n psigiater verbonde aan die Depressie en Angsgroep (SADAG) sê aan Hanri Wondergem selfmoordpogings en die misbruik van middels soos dwelms en drank neem ook oor die feestyd toe.
    5 min
  • Monitor
    ONS WAARSKU DAT HIERDIE BYDRAE SE INHOUD SEKSUEEL VAN AARD IS: Seksuele hulpmiddels is niks nuut nie... Maar is jy bereid om duisende rand te bestee aan 'n pop om jou sekslewe op te kikker of dalk jou seksmaat te vervang? Hanri Wondergem het meer gaan uitvind.
    7 min
  • Monitor
    Ondersteuners van adj.pres. Cyril Ramaphosa is bekommerd oor hul veiligheid in die aanloop tot - en by - die ANC se komende nasionale leierskonferensie. Heindrich Wyngaard vra die ANC se Wes-Kaapse sekretaris, Faiez Jacobs, hieroor, oor gerugte van "betaalstemme" en wat hulle sal doen as Ramaphosa nie wen nie.
    14 min
  • Monitor
    Vakansietyd het vir talle Suid-Afrikaners aangebreek - maar saam met vakansie-planne kom daar ook kommer oor eiendom en besittings wat agtergelaat word. Mike Bolhuis, 'n spesialis ondersoeker van ernstige misdade en ekonomiese misdrywe, het aan Hanri Wondergem 'n paar praktiese wenke gegee oor hoe om jou eiendom te beveilig.
    4 min
  • Monitor
    Om president Jacob Zuma self toe te laat om 'n nuwe Nasionale Vervolger aan te wys na die hooggeregshof sy aanstelling van advokaat Shaun Abrahams ongeldig verklaar het, sal absurd wees. Die oud-regter Johann Kriegler het in 'n onderhoud met Heindrich Wyngaard gesê dit sal, op die minste, 'n botsing van belange wees.
    10 min
  • Monitor
    Die veteraan-politieke joernalis Tim du Plessis praat met Heindrich Wyngaard oor die raakpunte tussen die ANC se konferensies in 1997 (Mahikeng), 2007 (Polokwane) en die 2017-een.
    7 min
  • Monitor
    Die skrywer van die veelbesproke "The President's Keepers", Jacques Pauw, reageer op die polisie se planne om hom te probeer gryp en bewerings oor oudmin. Pravin Gordhan glo by die skryf van sy boek betrokke was. Heindrich Wyngaard vra die vrae.
    11 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners