'n Sport wat baie vinnig groot aanhang begin kry in Suid Afrika is Boks en gemengde Verweerkuns. Vir die meeste gaan dit oor die dissepline wat die sportsoort hulle leer. Suzanne Paxton het saam met Given "Bonecracker" Majuba, in die bokskruit geklim.
Daar is toenemend weerstand teen die stad Kaapstad se voorgestelde droogtebelasting. Die droogteheffing word op die waarde van die eiendom gebaseer, eerder as die eintlike waterverbruik. Die heffing tree op 1 Februarie in werking, mits die Minister van Finansies dit goedkeur. Die stad beoog om die geld vir sy waterverskaffingsprojekte te gebruik.
Die polisie op Upington in die Noord-Kaap het die vrou van die veel bekroonde landskap kunstenaar Walter Meyer in hegtenis geneem vir sy moord. Meyer is op 22 Desember dood in sy huis in Augrabies Park gevind. Intussen reageer die kuns wêreld met skok en afgryse op Meyer se moord.
Die Suid-Afrikaanse vlieënier Michael Kemp se vrou, Lora, is oppad na Maleisië om hom in die hospitaal by te staan. Kemp is gister gevind na hy op 23 Desember in Kuala Lumpur vermis geraak het. Izak du Plessis berig.
Ten minste vyftien mense is die naweek op die paaie dood. Die Padverkeersbestuurskorporasie sê baie van die sterftes is as gevolg van roekelose en agterlosige bestuur, sowel as die gebruik van alkohol. Die Johannesburgse metropolisie sê talle motoriste het Kersfees agter tralies deurgebring.
Die dood diskrimineer nie. Of jy nou 'n koninklike, staatspresident, eerste minister, oorlogsheld, ter dood veroordeelde, doodgewone landsburger of armlastige is - stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Die geskiedkundige Kerkstraatbegraafplaas in Pretoria diskrimineer ook nie.....soos Hanri Wondergem uitgevind het toe sy saam met 'n historikus daar besoek gaan afle^ het....
Die ANC het laat gisteraand aan die einde van sy 54ste nasionale leierskapskonferensie by Nasrec in Johannesburg, 'n opskudding veroorsaak met die bekendmaking dat afgevaardigdes hulle steun toegesê het aan grondonteiening sonder vergoeding. Die uitvoerende hoof van AgriSA, Omri van Zyl het hierop gereageer....