Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Suid-Afrikaners hou asem op om te hoor of die plaaslike fliek "The Wound" wel vandag vir die Oscars benoem gaan word. Die benoemings word vanmiddag in Los Angeles aangekondig. Die Oscar-bekroonde regisseur, Gavin Hood, het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê toe sy fliek Tsotsi vir die Oscars benoem is, het sy lewe verander.
    4 min
  • Monitor
    Die politieke kommentator Max du Preez meen die 2019-verkiesingsveldtog het vir alle praktiese doeleindes reeds begin. Dit voorspel niks goeds vir die DA en die EFF nie, het hy in gesprek met Heindrich Wyngaard gesê.
    6 min
  • Monitor
    Die private ondersoeker Mike Bolhuis begin vandag met 'n hernieude veldtog om die vermiste bendebaas Ralph Haynes te vind. Haynes het sewe jaar gelede op pad tussen Middelburg en Krugersdorp verdwyn. Niemand het hom sedertdien weer gesien nie, of het iemand dalk? Izak du Plessis berig.
    6 min
  • Monitor
    Volgens Outisem Suid-Afrika is die fliek, Raaiselkind, die mees realistiese uitbeelding van die outisme-spektrum-afwyking wat hulle nog gesien het. Raaiselkind is gegrond op die gelyknamige boek van Annelie Botes. Outisme SA het 'n spesiale voorskou vertoning daarvan bygewoon. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig.
    5 min
  • Monitor
    Die digter en skrywer, Antjie Krog sal die eerste Suid-Afrikaner ooit wees om 'n gesogte Nederlandse kulturele toekenning te ontvang. Die sogenaamde Goue Gansveer word jaarliks aan 'n persoon of 'n isntelling oorhandig wat 'n belangrike bydrae in geskrewe-en gedrukte werke in Nederlands lewer. Corbin August doen verslag
    3 min
  • Monitor
    Facebook, WhatsApp en Twitter is die norm vir moderne gemeenskappe, so waarom kan die bankwese nie ook gebruik maak van hierdie wyer aanlyn-netwerke nie? Dit is die vraag wat die entrepreneur Michael Jordaan geinspireer het. Dit is ook die dryfveer agter 'n nuwe, slegs elektroniese bank, genaamd Bank Zero. Joan-Marie Verhoef het by Jordaan, ook die medestigter van Bank Zero gaan uitvind wat die konsep vn 'n taklose, geboulose bank behels...
    4 min
  • Monitor
    Fort Klapperkop in Pretoria word vandeesweek 120 jaar oud - en groot feesvieringe word beplan. Melissa Tighy het by 'n professor in Geskiedenis van die Noordwes Universiteit, Professor Anton von Vollenhoven gaan uitvind wat die geskiedkundige betekenis en waarde is.
    4 min
  • Monitor
    'n Hof in Myanmar het aanklagte teen twee Reuters joernaliste aanhangig gemaak ingevolge oortredings van die Wet op Geheimhouding. Dit is weens hul dekking van die probleme wat Roehindja Moslems in die noordelike Rakhine provinsie, daagliks ervaar. Diewet laat toe dat die twee joernaliste, Wa Lone en Kyaw Soe Oo, vir tot 14 jaar lank tronk toe gestuur kan word. Hulle is laas maand gearresteer na hul verslaggewing oor die omstandighede wat 650 Duisend Roehindja Moslems, na Bangladesh verjaag het. Vandeesweek se hof uitspraak het die media op hol en die Hoof van Reuters se kantoor in Hong Kong, het - onder andere - vir Roelf Meyer, oud NP onderhandelaar, wat al jare lank politieke dialoog in Myanmar fasiliteer, gevra om in te gryp. Anita Visser het met hom gepraat.
    11 min
  • Monitor
    'n Nuwe dorpie is besig om uit die snuif gebrande grond van Namakwaland te verrys. Die dorpie, bekend as Eureka, is eksklusief bedoel vir wit Suid-Afrikaners. En die man agter die plan is Suid-Afrika se kubuskoning, Adriaan Nieuwoudt. Izak du Plessis doen verslag...
    6 min
  • Monitor
    Sy of haar naam is Forfeus en die kan tennis speel en jou lyftaal so goed interpreteer om jou van die baan af te speel. Hoekom is dit hoegenaamd belangrik? Want ons praat hier van n robot - daarom dat die soort interpretasie besonders is. Alhoewel die spesifieke robot pas deur die Japanese ontwerp is, word daar in Japan ook hard gewerk aan 'n robotprogram, getitled: "Bemagtiging, Ervaring en Empatie". Hier is die 3 E A 18 robot die beste voorbeeld van wat aan die begin van die 21ste eeu gedoen kan word. 3 E A 18 kan empatie en medelye met homo sapiens betoon deur 'n verskeidenheid gesigsuitdrukkings te gebruik. Monitor het gewonder waar dit alles gaan eindig. Die Direkteur van die Instituut vir Tegnologie, Strategie en Innovering aan die Noordwes Universiteit se Besigheidskool, Pieter Geldenhuys, het met Anita Visser gepraat...
    8 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners