Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Adj.pres. Cyril Ramaphosa se teenwoordigheid by die Wêreld Ekonomiese Forum-beraad in Davos het die internasionale gemeenskap en media behoorlik van hom laat kennis neem. Hoe vergelyk dit met die beeld van Amerika se pres. Donald Trump, wat ook by die beraad was, het Heindrich Wyngaard aan die politieke en beleidsanalis Theo Venter van die NWU se Besigheidskool gevra.
    11 min
  • Monitor
    Suid-Afrika het 'n belangrike rol gespeel om die Jode in Nazi-konsentrasiekampe te help. Só sê die direkteur van die Centre for Holocaust and Genocide in Johannesburg, Tali Nates. Nates het met die stories grootgeword, omdat haar pa self 'n Joodse konsentrasiekamp oorleef het. Hy het sy oorlewing aan Oskar Schindler toegeskryf, die Duitse nyweraaar wat meer as 'n duisend Jode se lewens gered het - en oor wie daar ook later 'n Oscar-bekroonde rolprent gemaak is. Sowat 6 miljoen Jode is in die volksmoord oorlede. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig oor die internasionale Joodse-volksmoord herinneringsweek.
    5 min
  • Monitor
    Die drukgroep SA Eerste wys vinger na politici oor die Kaapse waterkrisis. Die groep beplan nou 'n beraad waar rolspelers kan saamdink oor oplossings, het adv. Rod Solomons aan Heindrich Wyngaard gesê.
    4 min
  • Monitor
    Die langverwagte riglyne vir die geregtelike ondersoek na staatskaping is in die staatskoerant gepubliseer. Dit spruit voort uit die ondersoek en aanbevelings van die voormalige Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, wat met Heindrich Wyngaard gepraat het.
    4 min
  • Monitor
    Die grondwetlike kenner prof. Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad gee in gesprek met Heindrich Wyngaard ook sy mening oor die bekendmaking van die riglyne vir die geregtelike ondersoek na staatskaping. Die ondersoek word deur regter Ray Zondo gelei.
    9 min
  • Monitor
    Wat hou 2018 vir Suid-Afrika in wat betref die politiek, onderwys, ekonomie en die tegnologie? Dit is die vraag wat kundiges beantwoord het by die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool se jaarlikse scenario-beraad. Heindrich Wyngaard praat hieroor met dr. Morne Mostert, direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing.
    9 min
  • Monitor
    Hugh Masekela... Beskermer van jazz en 'n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikanse musikale en politieke landskap. Dit is onder meer hoe veterane wyle Masekela beskryf. Maar, wat het die sogenaamde vader van Suid-Afrikaanse jazz-musiek vir die jeug beteken? Joan-Marie Verhoef het met die pianis Randall Scheepers oor sy verhouding met Masekela gepraat...
    4 min
  • Monitor
    'n Bestanddeel wat algemeen in tandepasta voorkom kan ingespan word teen vorms van malaria wat weerstandig teen bestaande medisyne geword het. Hierdie ontdekking deur navorsers by die Universiteit van Cambridge in Engeland, is met die hulp van 'n kunsmatig-intelligente robot gedoen. Hendrik Martin het meer besonderhede....
    3 min
  • Monitor
    'n Suid-Afrikaanse rolprentmaker, Triggerfish, is vir die Oscar-toekennings genomineer. Dit is vir 'n kort film, Revolting Rhymes, in die beste animasiekategorie. Een van die firma se karakteranimeerders, Anneke Pienaar, het aan Hendrik Martin gese^ dit is 'n verrassende, maar welverdiende eer......
    2 min
  • Monitor
    Heindrich Wyngaard het met die projekleier van die Interdissiplinêre Forum vir Populêre Musiek by die Africa Open Instituut vir Musiek, Navorsing en Innovering, Dr Stephanie Vos, oor Hugh Masekela se lewe en werk gepraat.
    8 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners