Die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers is deur Zimbabwe se rugbyraad as nuwe afrigter van die land se nasionale span aangestel. Hy praat met Heindrich Wyngaard oor die nuwe uitdaging.
Politieke waarnemers kou aan verskillende scenarios wat gevolg kan word om van pres. Jacob Zuma as staatshoof ontslae te raak. Heindrich Wyngaard het hieroor met 'n beleids- en politieke analis van die Noordwes-universiteit se Besigheidskool, Theo Venter, gepraat.
Terwyl die land in afwagting is op die verwagte gedwonge uittrede van pres. Jacob Zuma as staatshoof, meen politieke ontleders daar is 'n aantal van sy kabinetslede wat saam met hom in die pad gesteek moet word. Hierdie bydrae deur Heindrich Wyngaard.
Die privaat manskoshuis Sonop in Pretoria was die afgelope week in die nuus. Die Universiteit van Pretoria het die koshuis se deelname aan universiteitsbyeenkomste opgeskort. Dit volg nadat die koshuis nie aan transformasievereistes voldoen het nie. Die koshuis is glo te wit. Izak du Plessis het gaan uitvind of dit so is.
'n Nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch het bevind dat net 'n derde van Kapenaars voedseletikette van produkte lees om voedselinligting te bekom. So wat is die dryfveer agter die Kapenaars se koopkrag? Hanri Wondergem het met Dr. Nelene Koen, 'n dosent in die afdeling Menslike Voeding by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die universiteit gepraat om agter die kap van die byl te kom.
Die resultate van 'n nuwe peiling deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos dui daarop dat meer as sewe uit tien Suid-Afrikaners voel dat pres. Jacob Zuma nie goed presteer as staatshoof nie.
Die EFF eis 'n stemming oor 'n mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma voor die lewering van die 2018-staatsrede. Heindrich Wyngaard het die EFF-woordvoerder dr. Mbuyiseni Ndlozi hieroor uitgevra.
Die hoof-ekonoom van die Efficient groep, Dawie Roodt, reageer op die beskuldigings wat teen Capitec Bank gemaak word in 'n verslag van die maatskappy Viceroy Research. Roodt het met Heindrich Wyngaard gepraat.

9 min
About Monitor
From the publisher's feed
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.