Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Selfone en selfs slimfone word deur miljoene Suid-Afrikaners gebruik in plakkerskampe, middelklaswoongebiede en luukse huise. Die fone en gepaardgaande sosiale media netwerke verbind so baie mense dat 'n organisasie die tegnologie gebruik om mense regte te beskerm. Amandla.mobi is 'n selfoon-gebaseerde platform wat mense in verbinding hou met mekaar oor kwessies soos misdaad en werkloosheid. In die proses maak Amandla.mobi ook gevaarlike vyande, soos Darren Taylor berig.
    6 min
  • Monitor
    Duisende studente het nie ag geslaan op waarskuwings dat hulle nie toegelaat sal word by universiteite as hulle net opdaaag nie. Studente by verskeie universiteite was veronderstel om aanlyn te registreer. Die wat dit nie gedoen het nie, is die deur gewys, soos Hanri Wondergem berig
    4 min
  • Monitor
    Agri-Wes-Kaap sê byna 400 000 permanente- en seisoenale werksgeleenthede sal in gedrang wees as die damme in die provinsie heeltemal. Die departement van Water en Sanitasie sê hulle sal amptenare binne die volgende 2 weke stuur om met waterbesparingsmetodes te help. Lyndon Khan het meer besonderhede oor die Wes-Kaapse waterkrisis.
    5 min
  • Monitor
    'n Ekonoom by Graan S.A, Luan van der Walt, sê dit is nog te vroeg om die skade van die hittegolf op oeste te bepaal, maar daar sal grooot skade wees. Die temperatuur was op plekke in Noordwes veertig grade selsuis. Van der Walt sê die warm Januarie en Februarie maande is 'n kritieke tyd vir graanprodusente. Hy het met Metzi van der Merwe gepraat.
    4 min
  • Monitor
    Die inhegtenisname van die Nigeriese pastoor, Timothy Omotso het groot belangstelling gewek. Die valke het hom in hegtenis geneem op aanklag van onder meer mensehandel, seksuele aanranding en verkragting. Die selferkende profeet en leier van die "Jesus Dominion International Church" is reeds maande in aanhouding nadat twee borgaansoeke onsuksesvol was weens die aard van die aanklagte. Hy staar 48 klagtes in die gesig. Veronica Fourie vat die saak saam.
    7 min
  • Monitor
    Daar gaan nie 'n dag verby dat Amerika se president Donald Trump die nuus haal vir al die verkeerde redes nie. Dit is veral sy onbedagte uitlatings op Twitter wat sorg vir 'n stroom negatiewe nuus teen hom. Maar verdien Trump al die negatiewe mediaberigte? Izak du Plessis het probeer uitvind...
    4 min
  • Monitor
    Leerlinge wat matriek druip dink in baie gevalle hulle lewens is verby. Maar die woordvoerder van SADAG, Dessie Tzonêva, glo die jong mense het ondersteuning nodig om perspektief te kry en te behou. Metzi van der Merwe het met haar gepraat.
    3 min
  • Monitor
    Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het bekend gemaak dat 75-komma-een persent van 2017 se matrikulante die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag het. Dit is twee-komma-vyf persent hoër as die vorige jaar se 72-komma-vyf persent. Die Vrystaat is vir die tweede agtereen volgende jaar die provinsie met die beste matriekuitslae in die land.
    4 min
  • Monitor
    Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het aangekondig dat 75,1% van die 2017 matriekklas geslaag het, wat 'n bietjie hoër is as 2016. Maar hoe goed is die uitslae? 'n Opvoedkundige Sielkundige aan die Universiteit van Pretoria, professor Kobus Maree en 'n dosent van die Departement van Kinder Opvoeding aan die Universiteit van Johannesburg, Francious Naude gee hulle indrukke oor die uitslae.
    16 min
  • Monitor
    Pensioen- fondse en aftrede was die afgelope ruk weer pal in die nuus, weens die Steinhoff korrupsie skandaal. Kort na Steinhoff Internasionaal se uitvoerende hoof, Markus Jooste se bedanking, het aandele pryse van Steinhoff begin tuimel. Die openbare beleggings korporasie wat die staatsdiens pensioen- fonds bestuur en wat groot beleggings in Steinhoff het, het hul lede VERSEKER dat hulle pensioene veilig is. Maar hoeveel is genoeg vir 'n gemaklike aftrede en moet jy al jou eiers in een mandjie hou? Erhard Theunissen, 'n Senior Konsultant vir OU Mutual Korporatiewe konsultante sê jy moet tussen sewe en 20 keer jou jaarlikse salaris, gespaar het teen die tyd wat jy aftree, om gemaklik te leef.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners