Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Dit is 'n paar dae nadat Suid-Afrika se skoonheid Demi-Leigh Nel-Petres as Mejuffrou Heelal 2017 gekroon is. Maar wat beplan sy, en hoe gaan haar jaar in New York lyk? Sy het aan Joan-Marie Verhoef gesê ondanks haar nuwe titel, is sy steeds die Demi-Leigh wat almal ken.
    5 min
  • Monitor
    Daar is nog min bekend oor die gebruik van die nuwe dwelm, Flakka in Suid-Afrika. 'n Rehabiltasiesentrum in Northcliff in Johannesburg, Changes sê wel hulle het nou enkele voorvalle aangeteken. Melissa Tighy het met die sentrum se bestuur gepraat.
    4 min
  • Monitor
    Die tussenverkiesings wat op 30 November 2017 in die Metsimaholo munisipaliteit gehou is, kan 'n belangrike politieke aanwyser wees. Dit is die mening van die ontleder en bestuurskonsultant Dawie Scholtz. Scholtz het aan Izak du Plessis verduidelik waarom die verkiesings so belangrik is.
    15 min
  • Monitor
    Duisende Zimbabwiërs het tot in die vroeë oggend-ure feesgevier in die strate van Harare, oor die nuus dat Robert Mugabe as president bedank het. Ook in Suid-Afrika het die vreugdevure hoog gebrand. Zimbabwe se afgedankte adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa, sal vóór Vrydag as waarnemende president van Zimbabwe beëdig word.
    3 min
  • Monitor
    Die Poskantoor sal van 1 April aanstaande jaar die uitbetaling van maatskaplike toelaes behartig. 'n Ooreenkoms hieroor is onderteken tussen die Poskantoor en die Maatskaplike sekerheids-agentskap, oftewel Sassa. Die inter-ministeriële komitee het die besonderhede van die ooreenkoms aan die Parlement uitgestippel.
    4 min
  • Monitor
    Die voormalige adjunkpresident van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa sal na verwagting vandag as tussentydse president ingehuldig word. Oud-president Robert Mugabe het gister bedank en talle Zimbabwiërs het gisteraand sy bedanking gevier. Ons verslaggewer Noma Bolani is in Harare in Zimbabwe.
    5 min
  • Monitor
    Die voormalige ANC-LP dr. Makhosi Khoza, wat weens haar uitgesprokenheid jeens korrupsie, staatskaping en president Jacob Zuma in onguns by die party verval het, het haar plan bekend gemaak om 'n opposisiegroepering in die 2019-verkiesing te lei. Monitor het vir die politieke ontleder Theo Venter en die hoof van die FW de Klerk stigting dr. Theuns Eloff gevra oor wat hulle dink van Khoza se plan.
    11 min
  • Monitor
    Die Duitse kanselier, Angela Merkel, wat haar magsbasis met vier verkiesings oorwinnings verskans het, se politeke toekoms lyk onseker nadat gesprekke oor 'n koalisie regering misluk het. Merkel wil 'n herverkiesing uitskryf eerder as om 'n minderheidsregering te lei. Wat is die implikasies hiervan vir die Duitsers en hul Europese bondgenote? Dis die vraag wat ons aan professor Erwin Schwella van die Universiteit Stellenbosch se Skool vir Publieke Leierskap gestel het.
    7 min
  • Monitor
    Na 37 jaar is Zimbabwe nie meer onder die bewind van Robert Mugabe na sy bedanking gistermiddag laat nie. Die politieke wetenskaplike, Theo Bekker van Noordwes Universiteit, verskaf sy reaksie op die jongste verwikkelinge in Zimbabwe.
    10 min
  • Monitor
    Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, en sy afgedankte adjunk-president, Emmerson Mnangagwa, sal na verwagting vandag samesprekings oor die huidige politieke dooiepunt voer. Die weermag het gister onthul dat die twee reeds met mekaar in kontak was. Volgens die militêre leier, generaal Constantino Chiwenga, word daar verwag dat Mnangagwa binnekort uit die buiteland na Harare sal terugkeer.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners