Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Leeus en ander groot katspesies is op bylaag twee van die Konvensie op Migrerende diere geplaas. COP 12 het pas in Manila in die Filipyne plaasgevind, en alle aanduidings volgens navorsing was dat die leeus en luiperde, en alle ander groot katsoorte, bedreig is. Die programkoordineerder van die CITES en van die konfensie op migrerende diere, Clara Nobbe, sê hoewel leeubevolkings in lande soos Suid-Afrika en Botswana toegeneem het, dit in die res van die wêreld afgeneem het.
    3 min
  • Monitor
    Die voormalige Gautengse LUR vir Gesondheid se beweerde akademiese verpligtinge word met agterdog bejeën. Daar is wyd berig dat Qedani Mahlangu nie spoedig kan getuig voor die Life Esidimeni Arbitrasie proses nie, omdat sy akademiese verpligtinge by die London School of Economics and Political Science in Engeland het. Die Mail & Guardian se gesondheids-joernalistiek-sentrum, Bhekisisa, het egter bewys dat sy nie 'n student daar is nie, soos Hanri Wodergem berig.
    4 min
  • Monitor
    Die veteraan-joernalis en skrywer Jacques Pauw maak opspraakwekkende onthullings in sy nuwe boek, "The President's Keeper", oor pres. Jacob Zuma se beweerde belastingontduiking en geldskieters wat hom finansieël sou ondersteun. Heindrich Wyngaard het Pauw hieroor uitgevra.
    14 min
  • Monitor
    Die minister van finansies, Malusi Gigaba, het vanjaar se Mediumtermynbegrotingsoorsig onder die valkoë van opposisiepartye, die finansiële markte, gaderingsagentskappe en politieke waarnemers gelewer. Heindrich het die ekonoom Dawie Roodt en die politieke ontleder dr. Piet Croucamp hieroor gepols.
    15 min
  • Monitor
    Pres. Jacob Zuma en presidente Donald Trump van Amerika, Vladimir Poetin van Rusland en Recep Tayyip Erdogan van Turkye vorm 'n viermanskap, wie se ooreenkomste 'n nuwe soort ideologie aandui, aldus 'n sosioloog van die Universiteit van Pretoria, prof. Andries Bezuidenhout. Hy verduidelik sy standpunt aan Heindrich Wyngaard.
    4 min
  • Monitor
    Die Wes-Kaapse minister van finansies, dr. Ivan Meyer, vertel vir Monitor van sy verwagtinge van min. Malusi Gigaba se mediumtermynbegrotingsoorsig. Heindrich Wyngaard het met hom gepraat.
    6 min
  • Monitor
    Die VF Plus-leier dr. Pieter Groenewald, die DA se David Ross en die ACDP se Steve Swart praat op Monitor oor wat hulle in min. Malusi Gigaba se mediumtermynbegrotingsoorsig wil hoor. Heindrich Wyngaard het die vrae gevra.
    17 min
  • Monitor
    Verskeie opgeknapte sale is amptelik by die Knysna-hospitaal in die Suid-Kaap geopen. Die herstelwerk van sowat R22 miljoen het al voor die verwoestende brande in Junie begin. Tydens die ramp moes die hospitaal ontruim word, en was dit vir 'n week gesluit weens rookskade.
    2 min
  • Monitor
    Lord Peter Hain, die Suid-Afrikaans-gebore Britse LP en oud-kabinetslid, sê dit is ANC-veterane wat hom genader het met inligting oor die Guptas se beweerde skelmtransaksies waarby twee Britse banke glo betrokke was. Ongelukkig soos wat hy is oor staatskaping, is hy egter nie van voorneme om sy nasionale Orde wat hy in 2015 van pres. Jacob Zuma ontvang het, terug te gee nie.
    6 min
  • Monitor
    Sowat 630 000 matrikulante skryf vandag eksamens. Maar van die byna 66 000 kandidate in die Wes-Kaap is bekommerd, dat hulle nie betyds gaan wees nie. Die meeste van die leerlinge maak daagliks van openbare vervoer gebruik. Die Departement van Onderwys sê geen student wat 'n uur laat kom, sal in die eksamen-lokaal toegelaat word nie, en sal eers vir die aanvullende eksamen in aanmerking kom. Die eksamen het gister met die nie-amptelike tale begin.
    3 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners