Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,574 episodes available.
July 16, 2025Monitor 16 Julie 2025Die inkomende waarnemende minister van polisie, professor Firoz Cachalia, sê hy is opgewasse vir die taak. Die OVK se verslag oor 2024 se algemene verkiesing is onder die vergrootglas. Bitcoin groei sterk terwyl Amerikaanse wetmakers nuwe kriptowetgewing oorweeg. Kry Suid-Afrikaners waarde uit die sektorale onderwys- en opleidingsowerhede? President Donald Trump las 'n ondersoek na onbillike handelspraktyke deur Brasilië....more49minPlay
July 15, 2025Monitor 15 Julie 2025Gemengde reaksie op die kommissie van ondersoek wat bewerings van korrupsie in die polisiediens sal ondersoek, en ander optrede wat deur die president aangekondig is. Vissers langs die Weskus is ongelukkig oor visvangregte. President Donald Trump stel 'n ultimatum aan Rusland....more50minPlay
July 14, 2025Monitor 14 Julie 2025Die president stel 'n kommissie van ondersoek aan om bewerings van korrupsie in die polisiediens te ondersoek. Die parlement se komitee oor gesondheid wil hê mediese skemas, wat glo diskrimineer teen swart gesondheidspraktisyns, moet vervolg word. SAUK Nuus vier sy 75ste bestaansjaar – ons fokus op die bekende nuusleser, Riaan Cruywagen....more48minPlay
July 11, 2025Monitor 11 Julie 2025Die regbank beskou bewerings van korrupsie onder regters en landdroste in 'n baie ernstige lig. Die Department van Maatskapile Ontwikkeling beweeg 'n stappie nader aan 'n basiese inkomstetoelaag. Militêre veterane wend hulle na die konstitusionele hof weens die versuim van die regering om pensioene uit te betaal....more47minPlay
July 10, 2025Monitor 10 Julie 2025'n Hofgeding teen 'n verordening van die Johannesburg Metro, wat die registrasie van private kringtelevisiekameras vereis. Drie parlementêre komitees sal die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, ondersoek. Buitelandse beleggers verkoop steeds elke maand miljarde rand se Suid-Afrikaanse aandele....more47minPlay
July 09, 2025Monitor 9 Julie 2025Verskeie partye in die parlement is bekommerd oor hoe die land sy skuld bestuur. 'n Durbanse skoolbusbestuurder kry borgtog ná skote gevuur is by die stigting van 'n ActionSA-tak. Hoe moet Suid-Afrika te werk gaan om ’n doeltreffende en vertroubare polisiediens te weeg te bring?...more50minPlay
July 08, 2025Monitor 8 Julie 2025Die president sê die KwaZulu-Natalse polisiekommisaris se bewerings teen senior polisiebeamptes en die minister sal deeglik ondersoek word. Buitelandse burgers se toegang tot openbare gesondheidsorg is in die kollig. BRICS ontken dat sy beleid anti-Amerikaans is....more49minPlay
July 07, 2025Monitor 7 Julie 2025Senior polisiebeamptes se twis oor beweerde politieke inmenging betrek selfs die Minister van Polisie. Stormweer eis sy tol van informele nedersettings in Kaapstad, soos Vygieskraal, Gugulethu, Mfuleni, Khayelitsha, Du Noon and Athlone. Die eerste intreegesprek vir die Nasionale Dialoog word by Noordwes-Universiteit gehou....more49minPlay
July 04, 2025Monitor 4 Julie 2025Politieke leiers besin oor die voormalige adjunkpresident David Mabuza se politieke lewe ná die nuus van sy afsterwe. Inflasie kan in Julie tot meer as drie persent styg as gevolg van Eskom se tariefverhogings. Suid-Afrikaanse veeartse help met 'n olifant se tandpyn in Kambodja....more50minPlay
July 03, 2025Monitor 3 Julie 2025Ons praat oor die pad vorentoe vir die families van die Cradock-4. Inflasieverwagtinge daal vir die eerste keer in meer as vier jaar tot laer as 4% - maar wat beteken dit vir die verbruiker? Vandag is Wêreld Plastieksakvrye-dag....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,574 episodes available.