Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,383 episodes available.
October 22, 2024Monitor 22 Oktober 2024Die BRICS- en Statebond-berade vind vandeesweek plaas - ons praat met 'n ontleder oor Suid-Afrika se belange. 'n Gladde begin vir die matriek-eindeksamen in KwaZulu-Natal, ondanks baie reën. Die fokus is vandag op Wêreld-Hakkeldag....more49minPlay
October 21, 2024Monitor 21 Oktober 2024Derduisende matrikulante skryf vandag hulle eerste vraestel in die eindeksamen. Die Joshlin Smith-hofsaak hervat enkele dae voor haar verjaarsdag. Afriforum sê die waterkrisis in Gauteng kan deels toegeskryf word aan die premier, Panyaza Lesufi, se versuim om munisipaliteite reg te ruk....more48minPlay
October 18, 2024Monitor 18 Oktober 2024Die Instituut vir Sekerheidsstudies sê ernstige misdaad kan deur die opsporing van onwettige vuurwapens bekamp word. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton MacKenzie, reageer op kritiek dat sy besoek aan die Olimiese Spele R800 000 gekos het. Die Padvragvereniging sê die privatisering van hawens is waarskynlik vir eers van die baan ná 'n belangrike hofuitspraak in Durban....more49minPlay
October 17, 2024Monitor 17 Oktober 2024Kleinhandelverkope styg vir die sesde agtereenvolgende maand. Hoe gaan jy vir 'n mammogram? Ons praat met 'n kenner oor borskanker-bewusmaking. 'n Elekrtiese motorfiets kom 6 000 kilometer later, vanaf Kenia in die Kaap aan....more48minPlay
October 16, 2024Monitor 16 Oktober 2024'n Moontlike styging in die brandstofprys in November. Rand Water vra munisipaliteite om dringend waterverliese te beperk om te verhoed dat krane opdroog. Brittanje, Duitsland, Frankryk en Italië vra Israel om nie VN-vredesmagte in die suide van Libanon aan te val nie....more49minPlay
October 15, 2024Monitor 15 Oktober 2024President Ramaphosa vra dat die Regering van Nasionale Eenheid regverdig beoordeel word. Action SA sê hy is nog nie klaar met die Phala Phala-skandaal nie. Ons praat met Helen Zille oor koalisie-politiek, veral op plaaslike regeringsvlak....more42minPlay
October 14, 2024Monitor 14 Oktober 2024Die polisie ondersoek 'n massa-skietvoorval in Orange Farm. Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die voormalige minister van finansies, Tito Mboweni. Ons bespreek Mboweni se invloed op die ekonomie en politiek. Die polisiediens kry 'n ongekwalifiseerde ouditmening. Moontlike regstappe oor die besnoeiing aan onderwysposte in die Wes-Kaap....more47minPlay
October 11, 2024Monitor 11 Oktober 2024Ons praat met 'n kenner oor die reuse bedrae wat in die Amerikaanse verkiesingsveldtogte betrokke is. Massa-optrede beplan teen die Wet op Basiese Onderwys en Orkaan Milton eis die lewens van 16 mense....more50minPlay
October 10, 2024Monitor 10 Oktober 2024Dr Nasiphi Moya van Action SA dra nou die burgemeestersketting in die Tshwane Metro. Die Gautengse kantoor vir verbruikersake vra mense om nie kosprodukte sonder etikette, te koop nie. Mosambiekers wag op die uitslag van dié land se algemene verkiesing. ...more46minPlay
October 09, 2024Monitor 9 Oktober 2024Spaza-winkels onder die vergrootglas ná die dood van vyf kinders. Een van die sterkste orkane ooit op pad na Florida. Die SAUK is tegnies insolvent - ons praat met ons eie finansiële hoof....more48minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,383 episodes available.