Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.
February 28, 2025Monitor 28 Februarie 2025Ons praat met 'n kenner oor die aanstelling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se nuwe baas, John Lamola. Die woordestryd oor Solidariteit en AfriForum se omstrede besoek aan Washington, woed voort. 'n Rasie-lied van 'n Wes-Kaapse skool trek internasionaal aandag op sosiale media. Die Amerikaanse president, Donald Trump, ontken dat hy die Oekraiense president, Wolodimir Zelenski, 'n diktator genoem het....more47minPlay
February 27, 2025Monitor 27 Februarie 2025Inflasie bly binne die Reserwebank se teikenband. Die Wes-Kaapse regering wil meer werk skep. Die Passasierspooragentskap moet opdok nadat 'n vrou uit 'n trein gespring het. Die meeste Graad 3-leerlinge kan nié met begrip lees nie. Reaksie op Denemarke se besluit om die gebruik van selfone in skole te verbied....more49minPlay
February 26, 2025Monitor 26 Februarie 2025Die regering begin 'n veldtog om MIV/Vigs-behandeling aan 'n bykomende 1,1 miljoen mense te verskaf. 'n Tweede vliegtuig met soldate wat in die DRK beseer is, kom in Suid-Afrika aan. Die DA verkla adjunkpresident Paul Mashatile en minister Barbary Creecy oor inmenging met die aanstel van die SAL-hoof....more49minPlay
February 25, 2025Monitor 25 Februarie 2025Reaksie op die provinsiale rede van die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi. Eskom sê hy vorder fluks met die herstelwerk aan onklaar eenhede. 'n Afrika-kommandowurm-plaag steek sy kop uit in drie provinsies. Die invloed van digitale platforms op plaaslike nuusmedia is in die kollig....more47minPlay
February 24, 2025Monitor 24 Februarie 2025'n Kragkenner sê ESKOM kon, en moes, die land vroeër gewaarsku het oor die jongste vlaag beurtkrag. 'n Aansienlike styging in damvlakke ná verlede week se goeie reën. Die verregse party in Duitsland het sy steun byna verdubbel - ons praat met 'n politieke ontleder....more50minPlay
February 21, 2025Monitor 21 Februarie 2025Chaos by van die land se tersiêre instellings bars los weens onsekerheid oor onder meer studente-akkommodasie. Ons praat met 'n ontleder vir sy indrukke oor die eerste dag van die G20-beraad, wat gister in Johannesburg begin het. Die Verenigde Nasies sê dis noodsaaklik dat die Veiligheidsraad beslissende stappe doen om 'n groter streeksoorlog in die ooste van die DRK te voorkom. Die veldtog om die term, kinderpornografie, te vervang met 'n term wat die aanstootlikheid van die misdaad duidelik maak, is weer in die kollig. Die Proteas skop hulle veldtog teen Afghanistan af, by die Kampioenetrofee-toernooi in Pakistan....more49minPlay
February 20, 2025Monitor 20 Februarie 2025Politieke partye reageer op die besluit om die begrotingsrede uit te stel. Ons praat ook met 'n vakbondleier, 'n ekonoom en 'n politieke ontleder hieroor. President Trump verwys na president Zelenski as 'n diktator wat die oorlog met Rusland begin het....more48minPlay
February 19, 2025Monitor 19 Februarie 2025Cosatu sê dis 'n mite dat die staat se salarisrekening te lywig is. Ons bekyk vanmiddag se begrotingsrede van naderby, en vra wat dit jou uit die sak sal jaag. Daar was 'n geringe verbetering wat indiensneming betref. Washington smee nuwe diplomatieke bande met Moskou....more48minPlay
February 18, 2025Monitor 18 Februarie 2025Politieke partye sê wat hulle van môre se begrotingsrede verwag. Nóg baie reën vir groot dele van die land voorspel. Kan Europese leiers vir president Trump oorreed dat hulle belangrik is vir Oekraïne se toekoms?...more48minPlay
February 17, 2025Monitor 17 Februarie 2025Skok en onsteltenis ná die sluipmoord op 'n gay imam in Gqeberha in die Oos-Kaap. 'n Vergadering van Khoisan-groepe word in Boksburg gehou om eenheid te bewerkstellig. ‘n Oud-generaal beskryf Suid-Afrikaanse soldate in die DRK as dapper en toegewyd....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.