Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,384 episodes available.
July 17, 2024Monitor 17 Julie 2024Die Inkomstediens vra belastingbetalers om waaksaam teen bedrieërs te wees. Meer as 150 000 mense in die Wes-Kaap is dakloos gelaat weens swaar reën. Die Republikeine in Amerika wys 'n verenigde front by hulle nasionale konvensie....more48minPlay
July 16, 2024Monitor 16 Julie 2024Die Wes-Kaapse premier verduidelik hoe die rampgebiedverklaring sy provinsie sal help. Die Minister van Polisie sê samewerking met rolspelers sal misdaadbekamping verbeter. Donald Trump wys sy adjunk aan by die Rebublikeine se nasionale konvensie....more48minPlay
July 15, 2024Monitor 15 Julie 2024Die Amerikaanse president, Joe Biden, vra vir politieke kalmte ná 'n mislukte sluipmoordaanval op Donald Trump. Ses brandbestryders sterf in KwaZulu-Natal in wegholveldbrande, en talle ander is beseer. Kragverbuikers in die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap is kwaad oor 'n styging in voorafbetaalde elektrisiteitstariewe van 12,7%. Nóg reen word in die vloedgeteisterde Wes-Kaap verwag....more48minPlay
July 12, 2024Monitor 12 Julie 2024Katastrofiese skade aan die landbousektor in Limpopo weens die afgelope week se gure weerspatrone. Ons praat met 'n kenner oor van die knellende kwessies na afloop van die jaarlikse Navo-beraad in die VSA. Die stof oor Krieket SA se besluit, vroeër vanjaar, om David Teeger van sy onder-19 Proteas kapteinskap te ontneem, het nog nie gaan lê nie. Die regering se plan en beleid vir die volgende vyf jaar sal die naweek by die Kabinet Lekgotla bepaal word. Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge betree 'n nuwe era onder die voorsitterskap van Songezo Zibi, die leier van Rise Mzansi....more47minPlay
July 11, 2024Monitor 11 Julie 2024Cyril Xaba is Ethekwini se nuwe burgemeester. Nog ontwrigtende reën tref die Wes-Kaap. Reaksie op die uitspraak van die Life Esidimeni geregtelike ondersoek....more48minPlay
July 10, 2024Monitor 10 Julie 2024Nog 'n soldaat sterf in die Demokratiese Republiek Kongo. Uitspraak verwag in die Esidimeni-ondersoek na 146 sterftes in 2016 by fasiliteite vir geestesongesteldes. Inwoners van Barberton in Mpumalanga is ontevrede oor dwelmhandelverdagtes wat los rondloop....more47minPlay
July 09, 2024Monitor 9 Julie 2024Nóg ontwrigtende reën, sterk wind en moontlike oorstromings in dele van die land. Openbare skole open vandag - ons praat met die nuwe Minister van Basiese Onderwys oor die uitdagings....more48minPlay
July 08, 2024Monitor 8 Julie 2024Portugese Suid-Afrikaners leef in vrees te midde van 'n reeks ontvoerings. Navorsing wys dat jong kinders in Krugersdorp die gas van uraan, arseen en kwik in asem, wat afkomstig is van ou myne. 'n Simulasie van 'n sending na Mars kom ná 'n jaar tot 'n einde. Die linkse Nuwe Populêre Front neem die voortou in die Franse parlemenêre verkiesing....more48minPlay
July 05, 2024Monitor 5 Julie 2024Druk laai op téén oudregter John Hlophe se nominasie as lid van die Regterlike Dienskommissie. Die magsbalans verskuif in Beaufort-Wes ná 'n DA-oorwinning. Vroeë aanduidings dat Brittanje 'n nuwe Eerste Minister sal hê....more45minPlay
July 04, 2024Monitor 4 Julie 2024Gauteng se premier Panyaza Lesufi kondig laatnag sy nuwe kabinet aan nadat onderhandelinge met die DA om 'n eenheidsregering te vorm vir die laaste keer skipbreuk gely het. Die raad bestaan nou uit sewe ANC--lede en drie lede uit die IVP, Rise Mzanzi en Patriotic Alliance. Intussen is die adjunkpresident en 75 ministers en adjunkministers beëdig - ons vra: Hoe verbonde voel hulle aan daardie eed wat hulle so plegtig afgelê het? eThekwini hoop op 'n stewige toerismemeevaller met die naweek se Durban July-perdewedrenbyeenkoms....more45minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,384 episodes available.