Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,531 episodes available.
February 07, 2025Monitor 7 Februarie 2025President Cyril Ramaphosa fokus in 'n groot mate op ekonomiese groei in sy staatsrede. Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, stel ekonomiese sanksies en reisbeperkinge in teen sekere beamptes van die Internasionale Strafhof....more51minPlay
February 06, 2025Monitor 6 Februarie 2025Politieke partye binne en buite die regering van nasionale eenheid sê wat hulle van die staatsrede verwag. Oudpresident Jacob Zuma is in die hof in verband met sy korrupsiesaak. Al hoe meer lande en staatsinstellings verbied die gebruik van DeepSeek. Die Amerikaanse regering se beëindiging van finansiële hulp aan Suid-Afrika, kan die land se stryd teen klimaatsverandering in die wiele ry....more49minPlay
February 05, 2025Monitor 5 Februarie 2025Die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, ontken dat die president sakebelange in die Demokratiese Republiek die Kongo het. Die Landboubedryf gaan Donald Trump se dreigement om toekomstige befondsing aan Suid-Afrika op te skort, fyn dophou. Kundiges in die onderwys en misdaadbestryding deel hulle verwagtinge oor die staatsrede....more49minPlay
February 04, 2025Monitor 4 Februarie 2025Suid-Afrika reageer op die Amerikaanse president se dreigement oor die besnoeiing van fondse aan die land se gesonheidsprogramme. Opposisiepartye verwag nie veel van Donderdag se staatsrede nie. 'n DNS-toets kan dalk help om servikale kanker gouer op te spoor....more50minPlay
February 03, 2025Monitor 3 Februarie 2025Vrystaat Landbou sê boere kan nie die skerp stygings in kragtariewe bekostig nie. 'n Krisis met private studenteverblyf dreig omdat NFSAS nie sy uitstaande skuld aan verskaffers vereffen nie. Onwettige mynbou sal na verwagting onder die vergrootglas wees by die Mynbou Indaba....more47minPlay
January 31, 2025Monitor 31 Januarie 2025Inwoners van Witrivier in Mpumalanga kla oor vuil drinkwater. Die energiereguleerder staan verhogings in kragtariewe toe, wat minder is as wat Eskom versoek het. Die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo sal vandag in die kollig wees by 'n buitengewone SADEK-beraad....more48minPlay
January 30, 2025Monitor 30 Januarie 2025Die regering verwerp berigte dat soldate in die DRK swak toegerus is. Gesondheidskenners reageer op die VSA se ontrekking van befondsing vir Suid-Afrikaanse programme. Die presidensie sê die kabinetvergadering is nie 'n plek om partypolitieke wasgoed te was nie....more48minPlay
January 29, 2025Monitor 29 Januarie 2025Die president bekragtig die wet op die bewaring en ontwikkeling van landbougrond. Die ANC sê hy sal voortgaan om transformerende wetgewing deur te voer, ongeag teenkanting binne in die regering van nasionale eenheid. Daar is toenemende druk op die weermag om soldate aan die Demokratiese Republiek die Kongo te onttrek....more46minPlay
January 28, 2025Monitor 28 Januarie 2025Die ANC sal na verwagting vandag sê hoe die leierskap in KwaZulu-Natal en Gauteng hersaamgestel sal word. Vrese vir 'n grootskaalse streeksoorlog in die DRK - ons praat met 'n kenner. 'n Polisievrou van die Noord-Kaap tem twee baie gevaarlike slange....more50minPlay
January 27, 2025Monitor 27 Januarie 2025OUTA vra Eskom om die voorgestelde tariefstruktuur vir huishoudings te vereenvoudig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie sê daar is 'n ernstige gebrek aan kommunikasie deur die weermag oor Suid-Afrikaanse soldate se omstandighede in die Demokratiese Republiek die Kongo. Spanning in die Regering van Nasionale Eenheid neem toe nadat die DA 'n dispuut verkjaar oor die bekragtiging van die Onteiningswet....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,531 episodes available.