Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,531 episodes available.
January 24, 2025Monitor 24 Januarie 2025'n Regskenner verduidelik wat die nuwe Onteieningswet behels. Gesinne van apartheidslagoffers eis R167-miljoen van die regering. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike oor president Donald Trump se week van verreikende beleidsveranderings....more44minPlay
January 23, 2025Monitor 23 Januarie 2025Munisipaliteite in die Vrystaat vermors meer as R3-miljard rand se water in vyf jaar. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering se beplande ondersteuningsfonds vir slegs swart sakeondernemings, is ongrondwetlik.Ons ondersoek die impak van oorvol klaskamers op die welstand van leerlinge en onderwysers....more46minPlay
January 22, 2025Monitor 22 Januarie 2025Tersiêre instellings bars uit hulle nate. Ons praat met 'n kenner oor die groeiende gaping tussen beskikbare plek by universiteite en die reuse aantal studente-aansoeke. Die polisie in die Vrystaat sê Operasie Vala uMgodi behaal groot sukses in die stuit van onwettige mynbou in dié provinsie. Ons vra 'n krimonoloog vir haar insette nadat 'n man onlangs in hegtenis geneem is vir die besit en verspreiding van kinderpornografie. Suid-Afrika het twee jaar nodig om van rommelstatus te herstel, sê die Minister van Finansies by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos. Die MeerKAT-radioteleskoop in die Noord-Kaap illustreer sy uitsonderlike vermoëns met nóg 'n nuwe ontdekking....more46minPlay
January 21, 2025Monitor 21 Januarie 2025Die meerderheid van padsterftes oor die feesseisoen is voetgangers. Die ANC se topbestuur sal Maandag aandui wie tot die party se redding in Kwazulu-Natal en Gauteng sal kom. Donald Trump belowe om die Amerikaanse droom te laat herleef....more47minPlay
January 20, 2025Monitor 20 Januarie 2025Die ANC neem ernstige besluite oor sy uitvoerende komitees in KwaZulu-Natal en Gauteng. Minstens agt mense sterf in twee ongelukke in die Oos-Kaap en Limpopo. President Cyril Ramaphosa lei vandeesweek 'n afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland. Amerika se volgende president, Donald Trump, word vandag ingehuldig....more50minPlay
January 17, 2025Monitor 17 Januarie 2025Die vakbond, Naptosa, waarsku dat onderwysers dalk die beroep sal verlaat as druk nie verlig word nie. ‘n Massiewe styging in die vlak van die Vaaldam. Meer as 80 mense dood in Israelse aanvalle sedert die skietstilstandooreenkoms aangekondig is....more48minPlay
January 16, 2025Monitor 16 Januarie 2025Die laaste van die onwettige mynwerkers is na verwagting nou uit die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal. Minstens 250 skole in Gauteng word as 'onveilig' beskryf. Action SA is in gesprekke met ander partye gewikkel om 'n teenwig vir die regering van nasionale eenheid te vorm. Suid-Afrika verwelkom die skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas in Gasa. Die wiele van Suid-Afrika se strafregstelsel kort olie, sê teen-misdaadaktiviste....more50minPlay
January 15, 2025Monitor 15 Januarie 2025120 onwettige mynwerkers en 30 lyke is by 'n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. 'n Kenner verduidelik hoe die 2024-matrieks se vooruitsigte op werk lyk. Suid-Korea se president in hegtenis geneem....more49minPlay
January 14, 2025Monitor 14 Januarie 2025Verlede jaar se matrieks kry vanoggend hulle langverwagte uitslae. Die klas van 2024 word gelukgewens met 'n geskiedkundige slaagsyfer van meer as 87%. Die reeks aardbewings in die Noord-Kaap gaan ondersoek word. Dertien mense verdrink in oorstromings in Limpopo....more50minPlay
January 13, 2025Monitor 13 Januarie 2025Kommer oor die groot aantal werklose dokters in die land. Die ANC-president sê die party sal moet hernu, of die risiko loop om te vergaan. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die ANC se verjaarsdagverklaring. Dierebeskermingsorganisasies in Gauteng sê hulle ondervind 'n aansienlike toename in die aantal verdwaalde diere....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,531 episodes available.