Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,384 episodes available.
June 19, 2024Monitor 19 Junie 2024Groot voorbereidings vir die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa later vanoggend. Action SA kritiseer die DA se beweerde u-draaie oor sy ooreenkoms rakende die Regering van Nasionale Eenheid, terwyl Jacob Zuma se MK-party steeds die strydbyl swaai teen die verkiesingsuitslae. Meer as 300 kinders is in die eerste ses maande van die jaar deur dwaalkoeëls op die Kaapse Vlakte gewond. 'n Jong bankier van Kwazulu-Natal hou sy familienaam hoog met die verbouing van eetbare veldplante....more49minPlay
June 18, 2024Monitor 18 Junie 2024Vyf partye is amptelik deel van die regering van nasionale eenheid. Die GATS-opname wys dat bykans 30% van volwassenes in Suid-Afrika tabakprodukte gebruik. Israel se oorlogkabinet ontbind....more52minPlay
June 17, 2024Monitor 17 Junie 2024Jeugdagvieringe word oorskadu deur werkloosheid onder jongmense. Ons praat met kenners oor die uitdagings van die nuwe regering. Hulde aan Thys die Bosveldklong....more47minPlay
June 14, 2024Monitor 14 Junie 2024Die EFF sê hy sal nié aan 'n regering van nasionale eenheid deelneem nie, terwyl die ANC nie veel uitlaat oor wie sy nuwe regeringsgenote is nie. Koerante soos City Press, Rapport, Beeld en Daily Sun sal vanaf Oktober glo nie meer gedruk word nie. Ons praat hieroor met 'n mediakenner. 'n Multimiljoen Rand asbeshofsaak word vandag in die Vrystaatse Hooggeregshof aangehoor. Gauteng se Polisiekommissaris praat oor sy eerste 100 dae in die amp....more48minPlay
June 13, 2024Monitor 13 Junie 2024'n Ooreenkoms tussen die IVP, ANC, DA en NFP in KwaZulu-Natal is op hande. 'n Waarskuwing oor A-pokke ná die eerste sterfgeval. Agri SA verwelkom 'n regeringsbesluit oor waterbestuur. Die Bulls sê hulle sal nie Saterdag kanse vat in die VRK halfeindstryd nie....more49minPlay
June 12, 2024Monitor 12 Junie 2024Die vervaardigingsektor verbeter in April. Die Israel/Gasa-oorlog en die konflik in Oekraïne sal hoog op die agenda van die G7-beraad wees. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê 'n minister van finansies wat nie aan 'n politieke party verbonde is nie, moet aangestel word....more49minPlay
June 11, 2024Monitor 11 Junie 2024Parlementslede word Vrydag ingehuldig, maar laat dit genoeg tyd vir onderhangelinge vir 'n regering van nasionale eenheid? Die VN Veiligheidsraad aanvaar 'n konsepresolusie wat 'n driefase-stilstand tussen Israel en Hamas voorstel. Klein hoeveelhede ingevoerde klerasie sal voortaan belas word....more49minPlay
June 10, 2024Monitor 10 Junie 2024Daar is uiteenlopende reaksie op die plan om 'n regering van nasionale eenheid saam te stel. Die Wêreldbank sê Suid-Afrika se hawens is van die swakste ter wêreld. Afriforum bring 'n dringende hofaansoek oor die verhogings in kragtariewe....more49minPlay
June 07, 2024Monitor 7 Junie 2024Die ANC se NUK besluit om 'n regering van nasionale eenheid te vorm. Action SA verlaat die Veelpartyhandves. Die Wêreld Voedselprogram sê akute voedselonsekerheid is aan die toeneem in Haïti....more49minPlay
June 06, 2024Monitor 6 Junie 2024Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, bedank te midde van sy hofverskyning op korrupsie-aanklagte. Terwyl die ANC 'n regering van nasionale eenheid voorstaan, gee MK die ANC 'n koue skouer. Sekere paaie in die Klein Karoo is steeds gesluit....more46minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,384 episodes available.