Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.
August 11, 2026Monitor: Nóg ontwrigtende sneeu in dele van Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag11 Augustus 2026: ‘n Voormalige skoolhoof in die Oos-Kaap verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Julius Malema weens crimen iniuria te vervolg. Nóg ontwrigtende sneeu word vir dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorspel. Mense word gewaarsku om versigtig in die sneeu en ysweer te bestuur....more49minPlay
August 10, 2026Monitor: Onsekerheid oor toekoms van werknemers by Premier Foods se inmaakvrugte-aanleg op Tulbagh10 Augustus 2026: Die regering gaan sy pogings verskerp om bendegeweld in Reigerpark en Westbury in Gauteng hok te slaan. Die polisie ondersoek drie massaskietvoorvalle in Kaapstad, wat 11 lewens geëis het. Landbou-organisasies vra vir 'n dringende vergadering met Premier Foods oor die sluiting van sy Tulbagh-inmaakfabriek. Die president vra mans en seuns om vroue teen geweld en misdaad te beskerm....more50minPlay
August 07, 2026Monitor: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies7 Augustus 2026: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies - ons vra wat die impak op joernalistiek sal wees. Duisende aansoeke vir skoolplasings in Gauteng is binne enkele dae ontvang. 'n Openbare deelnameproses begin oor die voorgestelde minimumloon vir 2027....more50minPlay
August 06, 2026Monitor: Diplomaat in moeilikheid oor Zuma se Indië-besoek6 Augustus 2026: 'n Diplomaat op die rooi tapyt oor oudpresident Zuma se besoek aan Indië. 'n Moslemvrou se vuurwapenlisensie afgekeur oor haar hoofbedekking. 'n Poging om stemlokale meer toeganklik te maak vir mense met gestremdhede....more50minPlay
August 05, 2026Monitor: Ingrypende veranderinge aan MK-party se leierstruktuur5 Augustus 2026: Die president van die MK-party, Jacob Zuma, kondig ingrypende veranderinge in sy leierstruktuur aan. Hoekom presteer sommige munisipaliteite soveel beter as ander? Ons praat met die FW de Klerk-stigting oor hulle rapport vir plaaslike regerings. Alles wat jy moet weet oor die nuwe 10 jaar-rybewys....more50minPlay
August 04, 2026Monitor: Departement van Militêre Veterane in groot gemors4 Augustus 2026: Ons bespreek die groot gemors waarin die Departement van Militêre Veterane hom bevind, en bring terugvoer op luisteraars se vrae. Kritiek teen die lankverwagte Nasionale Raad teen Geslagsgeweld en Vrouemoord. Die OVK is veral tevrede met die aantal jongmense wat registreer vir die verkiesing....more50minPlay
August 03, 2026Monitor: Grondwetlikheid van Onteieningswet in hof betwis3 Augustus 2026: Talle partye tree vandag tot die stryd toe in die hooggeregshof in Kaapstad om die grondwetlikheid al dan nie, van die Onteieningswet te bepaal. Voornemende kiesers het nog tot Vrydag om vir die verkiesing te registreer, aar baie kiesers sê hulle gaan wegbly van die stembus weens swak dienslewering....more51minPlay
July 31, 2026Monitor: Ondersoekbeampte van IDAC geskors31 Julie 2026: Die senior ondersoekbeampte van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie is geskors, hangende ’n tugverhoor. Die voormalige hoof van IDAC se getuienis voor die Madlanga-kommissie word as onwaar beskryf. Rybewyse vir ligte motorvoertuie sal voortaan tien jaar lank geldig wees....more46minPlay
July 30, 2026Monitor: Afsettingskomitee gaan appelleer teen Ramaphosa-interdik30 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee gaan appelleer teen die tussentydse interdik, wat die hof aan president Ramaphosa toegestaan het. 'n Man wat na bewering doelbewus MIV aan sy vriendin oorgedra het, verskyn Maandag in die hof. Presies 'n maand ná die groot optog vra ons of March and March sy doel bereik het....more48minPlay
July 29, 2026Monitor: Planne om invoere te verbied wat met behulp van dwangarbeid en kinderarbeid vervaardig word29 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader weer vandag om sy voorbereidende werk af te handel. Action SA dien 'n wetsontwerp in om professionele steunwerwing te reguleer. Nuwe handelsregulasies om invoere te verbied van handelsvennote waar dwang- en kinderarbeid voorkom, gaan in Staatskoerant gepubliseer word....more47minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.