Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,381 episodes available.
November 14, 2025Monitor 14 November 2025Die Wes-Kaapse premier maak uiteindelik 'n verslag bekend oor die beweerde samewerking tussen die polisie en bendes. Hoe haalbaar is die voorstel dat ESKOM sukkelende munisipaliteite se kragverskaffing oorneem? Vandag, op Wêreld Diabetesdag, praat ons met 'n kenner oor die vroeë gevaartekens....more48minPlay
November 13, 2025Monitor 13 November 2025Die Tesourie verwag dat Suid-Afrika se ekonomie effens stadiger sal groei. Die president bring veranderinge aan sy kabinet aan. 'n Vervoerkenner sê die Aarto-stelsel moet herroep word. Die regering wil 'n moratorium plaas op die indiening van mosies van wantroue in munisipale rade, waar daar nie 'n volstrekte meerderheid is nie....more52minPlay
November 12, 2025Monitor 12 November 2025Die MK-party vra hulp om sy vasgekeerde lede in Oekraïne te bevry. 'n Nuwe entstof teen cholera word plaaslik ontwikkel. Ons bespreek vanmiddag se mediumtermyn-begrotingsraamwerk....more47minPlay
November 11, 2025Monitor 11 November 2025Omgewingsaktiviste kritiseer die besluit om die leeftyd van Eenheid 2 van die Koeberg-kernkragstasie te verleng. Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders ondersoek die geestesgesondheid van onderwysers, te midde van klagtes van 'n swaar werkslading. 'n Herrie het losgebars oor die toekenning van tenders aan maatskapye vir die betekening van dagvaardings namens die Tshwane Metroraad....more50minPlay
November 10, 2025Monitor 10 November 2025Talle vrae oor bewerings dat die China 'n halfmiljard rand spandeer om een van die weermagbasise op te knap. Ons bespreek die woelinge in die DA oor kabinetskuiwe. Duduzile Zuma-Sambudla vandag in die hof op aanklagte van aanhitsing tot terrorisme en openbare geweld....more48minPlay
November 07, 2025Monitor 7 November 2025Sewentien Suid-Afrikaners wat by die oorlog in Oekraïne betrokke geraak het, veg dalk aan die Russiese kant. Solidariteit neem sy veldtog teen die ANC na die G20-beraad. Die paramilitêre Rapid Support Forces in Soedan sê hulle het ingestem tot 'n voorstel vir 'n humanitêre wapenstilstand in die burgeroorlog....more50minPlay
November 06, 2025Monitor 6 November 2025Ouers in Gauteng is warm onder die kraag oor die vertraging met skoleplasings. Kommer oor talle onderwysers wat van seksuele teistering aangekla word. Daar is nog geen einde in sig vir die regeringsluiting in Amerika nie. 'n Ekonoom sê die regering sal binnekort geen ander keuse hê as om BTW te verhoog nie....more48minPlay
November 05, 2025Monitor 5 November 2025Die Verkiesingskommissie hoop om die plaaslike regeringsverkiesings op die eerste Woensdag van November 2026 te hou. Sakeman Brown Mogotsi het nog nie 'n verklaring oor 'n vermeende aanslag op sy lewe by die polisie ingedien nie. Die aantal toeriste na Suid-Afrika neem met meer as 'n miljoen toe....more50minPlay
November 04, 2025Monitor 4 November 2025President Cyril Ramaphosa sê die RNE is verenig en sterk - Ons praat met RNE-vennote wat die tweedaagse vergadering bygewoon het. Die stof het nog nie gaan lê oor die Nie-in-my-naam-veldtog nie - ons voer 'n debat met twee opponerende partye. Ons bespreek die Proteas se eerste eendagstryd vanmiddag teen Pakistan....more49minPlay
November 03, 2025Monitor 3 November 2025Bendegeweld vlam weer op, maar hierdie keer in Reigerpark aan die Oos-Rand. Dertien verdagtes sal na verwagting vandag in die hof op Heilbron verskyn in verband met ’n plaasmoord. Ons praat oor 'n moontlike regeringsverandering in KwaZulu-Natal....more50minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,381 episodes available.