Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,381 episodes available.
November 28, 2025Monitor 28 November 2025'n Neurochirurg by Tukkies ontwikkel 'n manier om kinderbreinsiektes beter te diagnoseer en bestuur. Kommer oor die verspreiding van al hoe meer waninligting, en die invloed wat dit op demokrasie het. ‘n Ekonoom waarsku teen Swart Vrydag....more48minPlay
November 27, 2025Monitor 27 November 2025Parlementslede wil die voormalige bestuurshoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, agter tralies sien. President Cyril Ramaphosa gaan weens beweerde etiekoortredings ondersoek word. Die omstrede sakeman, Vusimuzi Cat Matlala, begin met sy getuienis oor polisiekorrupsie voor die parlement se ad hoc-komitee....more45minPlay
November 26, 2025Monitor 26 November 2025Cat Matlala se regspan slaag nie daarin om sy getuienis vandag voor die parlementêre ad hoc-komitee uit te stel nie. Die G20-presidentskap word stil-stil aan die VSA oorhandig. Hoe haalbaar is versoeke dat leefstyloudits op senior polisielede gedoen word?...more47minPlay
November 25, 2025Monitor 25 November 2025Die korrupsiesaak teen 'n lid van die Valke en ’n Tembisahospitaal-beampte word tot volgende week uitgestel. Die Konstitusionele Hof sal vandag begin besin oor die afdwingbaarheid van die Menseregtekommissie se besluite. Die Tafelberg Nasionale Park skenk aandag aan die veiligheid van besoekers....more49minPlay
November 24, 2025Monitor 24 November 2025Die G20-beraad wat in Johannesburg plaasgevind het, word as 'n sukses beskryf. 'n Twis tussen die DA-leier, John Steenhuisen, en voormalige minister Dion George, kan Steenhuisen se loopbaan kortknip. Geen plan teen fossielbrandstof word by die COP30-gesprekke in Brasilië aanvaar nie....more48minPlay
November 21, 2025Monitor 21 November 2025Die Noordwes-sakeman, Brown Mogotsi, se getuienis voor die Madlanga-kommissie word weer betwis. 'n Daling in die repokoers word verwelkom. Die Withuis onderspeel Amerika se teenwoordigheid by die G20-beraad....more46minPlay
November 20, 2025Monitor 20 November 2025Presies hóé klink die waarheid? Getuienisleiers by die Madlanga kommissie vra of Brown Mogotsi homself in 'n hoek verf. Omgewingsbewaringsgroepe skryf 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die gebrek aan Suid-Afrika se verteenwoordiging by COP30, en Gautengse maatskappye wat pantservoertuie verhuur, kan nie byhou met die aanvraag te midde van die G20-beraad nie....more46minPlay
November 19, 2025Monitor 19 November 2025Die Demokratiese Alliansie in George in die Wes-Kaap het 'n nuwe veelparty-koalisie-ooreenkoms aangegaan, wat hul leierskap in de raad verseker. Misdaad op die N2 in die Wes-Kaap is weer onder die vergrootglas, en die Ekurhuleni metro begin 'n ondersoek teen korrupsie....more47minPlay
November 18, 2025Monitor 18 November 2025Die VSA weier blykbaar nou ook om die G20-verklaring te onderteken. Ons vra of dit die beraad se uitkoms sal verswak. Talle organisasies hou 'n beraad as teenvoeter vir die G20 onder die vaandel, We, the 99 percent... Kommer oor die vyf sluise wat gister by 'n propvol Vaaldam oopgemaak is....more51minPlay
November 17, 2025Monitor 17 November 2025Die ANC ontken dat daar 'n poging is om sy president, Cyril Ramaphosa, uit die kussings te lig. Amerika se tariefkwytskeldings op talle landbouprodukte word wyd verwelkom. Ons praat met 'n ekonoom oor Standard & Poor's se besluit om Suid-Afrika se kredietgradering oor staatskuld te verhoog. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van die oudambassadeur en akademikus, dr. Franklin Sonn....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,381 episodes available.