Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.
August 25, 2026Monitor: Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat25 Augustus 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat. Wetenskaplikes waarsku dat vanjaar se El Niño-verskynsel die sterkste in menseheugenis kan wees. Noordwes span nou hommeltuie in om brande te bestry....more51minPlay
August 24, 2026Monitor: ANC stel verkiesingsmanifes bekend, met klem op dienslewering en skoon regering24 Augustus 2026: Die Wes-Kaapse polisiekommisaris, luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, besoek Knysna ná die moord op drie ANC-lede. Die ANC onthul sy verkiesingsmanifes, met die klem op dienslewering en skoon regering. Die bokslegende Zolani Tete sal Saterdag te ruste gelê word tydens 'n gedenkdiens by die KuGompu-stadsaal in die Oos-Kaap....more49minPlay
August 21, 2026Monitor: Fase 3 van vennootskap tussen regering en besighede wil 1 miljoen werksgeleenthede skep teen 203021 Augustus 2026: Die Madlanga-kommissie kritiseer die sakeman Stuart Scharnick weens bewerings dat hy 'n joernalis geintimideer het. Fase Drie van president Cyril Ramaphosa se vennootskap tussen die regering en groot besighede word bekendgestel, met die doelwit van een miljoen werksgeleenthede teen 2030. Die bestuurshoof van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, lewer kommentaar op Solidariteit se Akademia-universiteit....more50minPlay
August 20, 2026Monitor: Personeeltekort by Meesterskantoor in Jhb lei tot vertragings20 Augustus 2026: Groot personeeltekorte by die Meesterskantoor in Johannesburg vertraag die afhandeling van boedels met maande. Die afsettingskomitee gaan 'n regsmening inwin ná 'n brief van die president oor die aanstelling van die komitee se getuienisleier. Die minister van kommunikasie verduidelik hoekom die SAUK se versoek afgekeur is vir bykomende befondsing vir die dekking van die plaaslike regeringsverkiesing....more49minPlay
August 19, 2026Monitor: Opposisiepartye eis DA-LP se kop19 Augustus 2026: Opposisiepartye eis DA-LP Mark Burke se kop, nadat die maatskappy wat hy gestig het, vir beweerde valutabeheeroortredings ondersoek word. Die regering wil sy maandlikse toewysing van gratis basiese elektrisiteit aan arm huishoudings vermeerder. 'n Regsstryd ontwikkel om 'n afsonderlike munisipaliteit vir die groter Harrismith-gebied in die Vrystaat te vestig....more49minPlay
August 18, 2026Monitor: Kommer NSFAS se skuld18 Augustus 2026: Kommer oor die reusebedrae wat NSFAS aan universiteite en studente skuld. President Ramaphosa wil sy SAOG-voorsitterskap gebruik om streekshandel en -samewerking te verbeter. Die Silwerskermfees wys dat die rolprentbedryf herstel en mense weer terugkeer teaters toe....more50minPlay
August 17, 2026Monitor: SAOG-beraad begin in Durban17 Augustus 2026: Staatshoofde kom in Durban aan vir die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeling-gemeenskap. Die SAKP maak sy verkiesingsmanifes onafhanklik bekend. Die Amerikaanse senaat verleng AGOA vir 'n verdere twee jaar - ons praat oor die implikasies vir Suid-Afrika....more50minPlay
August 14, 2026Monitor: Donkieslag en -handel onder vergrootglas14 Augustus 2026: Talle vrae oor die omstandighede wat gelei het tot die dood van 14 onwettige mynwerkers buite Rustenburg. Donkiehandel en regulasies oor die slag van dié diere onder die vergrootglas. Linkse Demokrate wen veld in die VSA - ons praat met 'n ontleder oor hoekom dit al hoe meer die geval is....more50minPlay
August 13, 2026Monitor: SA in vyfde plek in wêreld met die hoogste alkoholverbruik13 Augustus 2026: Kritiek op nuwe wetgewing teen onwettige mynbouaktiwiteite. Die polisie sê nog inhegtenisnemings kan volg in die moord op twee polisiebeamptes in Reiger Park aan die Oos-Rand. SA is vyfde op ‘n wêreldlys van lande met die hoogste alkoholverbruik - kan nuwe belasting op alkohol Suid-Afrikaners oorreed om minder te drink....more49minPlay
August 12, 2026Monitor: Weermag se operasies op Kaapse Vlakte en in Gauteng sukkel weens gebrek aan geld12 Augustus 2026: Die Weermag se Operasie Prosper op die Kaapse Vlakte en Gauteng struikel glo, weens 'n gebrek aan geld. Reddingswerk gaan voort in Colombië, waar duisende mense in die puin vasgekeer is ná Maandag se groot aardbewing. In Suid-Afrika is daar planne om minderjariges teen sosiale media te beskerm....more48minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.