Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,531 episodes available.
May 29, 2026Monitor: Reserwebank verhoog rentekoerse vir eerste keer in drie jaar29 Mei 2026: Die repokoers styg vir die eerste keer in drie jaar. Geweldsmisdaad neem af in die Wes-Kaap. 'n Mosie is ingedien vir die aanstelling van 'n onafhanklike paneel om die Nelson Mandelabaai-metro se voortslepende waterkrisis te ondersoek....more49minPlay
May 28, 2026Monitor: Johannesburgers gaan hoes vir dienste28 Mei 2026: Skerp tariefstygings vir inwoners van Johannesburg. Die polisie in Kimberley stop klopjagte op sakeondernemings van buitelanders. 'n Seniorbevelvoerder van Oekraïne se verdedigingsmag sê Rusland is uitgeput - ons praat met 'n militêre kenner....more47minPlay
May 27, 2026Monitor: ESKOM en Johannesburg bereik ooreenkoms oor skuld27 Mei 2026: Sommige politieke partye beskryf president Ramaphosa se hersieningsaansoek as vertragingstaktiek. Bykans 40% van die bevolking ontvang maatskaplike toelaes. ESKOM en Johannesburg bereik 'n ooreenkoms....more50minPlay
May 26, 2026Monitor: Betogers plunder buitelanders se winkels in Bloemfontein26 Mei 2026: Honderde betogers plunder buitelanders se winkels in Rocklands buite Bloemfontein. 'n Oorwinning vir boere in die bek-en-klouseer-sage. Statistiek wys korrupsie in Suid-Afrika vier steeds hoogty....more49minPlay
May 25, 2026Monitor: Ghanese staan tou om gerepatrieer te word25 Mei 2026: Burgers van Ghana staan tou om gerepatrieer te word na hulle geboorteland in Wes-Afrika. Die polisie gaan voort met hulle ondersoek na die moord op twee toeriste in die Krugerwildtuin. Koalisievennote sal ná die November-verkiesing 'n ooreenkoms moet onderteken om vir 'n bestendige regering te sorg....more51minPlay
May 22, 2026Monitor: Roelf Meyer optimisties oor taak wat vir hom in VSA voorlê22 Mei 2026: Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Washington, Roelf Meyer, is optimisties oor die taak wat vir hom voorlê. Die EFF sê Suid-Afrika se karige verdedigingsbegroting is 'n doelbewuste aftakeling van die land se verdedigingsvermoë. Motoriste staan voor 'n krisis met die papier vir motorlisensieskywe, wat skynbaar opgeraak het....more50minPlay
May 21, 2026Monitor: Johannesburg wil nie-strategiese bates verkoop om skuld te delg21 Mei 2026: Johannesburg wil ontslae raak van nie-strategiese bates om skuld te delg. Action SA eis antwoorde nadat die polisiediens twee lede van die presidensiële beskermingseenheid in die Phala Phala-sage vrygespreek het. Die stygende brandstofprys lei tot hoër inflasie in April. Nog ‘n gouemedalje vir Suid-Afrika op internasionale vlak, maar dit het niks met sport uit te waai nie....more51minPlay
May 20, 2026Monitor: Eskom dreig om Johannesburg se krag af te sny20 Mei 2026: Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf versoek dringende rampverligting vir produsente wat deur die oorstromings in die Wes-Kaap geraak is. Eskom dreig om die kragtoevoer in Johannesburg te onderbreek weens agterstallige skuld, maar dit is nie die enigste munispaliteit in hierdie posisie nie. Iran sê hy het nog talle verrassings vir die VSA indien Amerika hom weer aanval....more50minPlay
May 19, 2026Monitor: Wes-Kaap vra regering om ramp te verklaar ná vloede19 Mei 2026: Die Wes-Kaapse regering gaan die kabinet vra om 'n ramp te verklaar ná verlede week se oorstromings. Openbare skole in Gauteng met agterstalige munisipale skuld staar krag- en wateronderbrekings in die gesig. Nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld, terwyl nog entstofdosisse in die land aankom....more50minPlay
May 18, 2026Monitor: Kommer oor 'n Super El Niño later vanjaar18 Mei 2026: Parlementslede krap kop oor die berugte Phala Phala-rusbank. Soos sake nou staan, lê 'n welkome daling in die dieselprys voor. Kommer oor die impak van 'n El Niño en selfs ‘n Super El Niño later vanjaar....more50minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,531 episodes available.