Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.
September 08, 2026Monitor: Beaufort-Wes maak staat op watertenks nadat hoofwaterpyplyn beskadig is in fratsvloed8 September 2026: Boere is versigtig optimisties oor skorsing van Onderstepoort Biologiese Produkte se waarnemende uitvoerende hoof. Beaufort-Wes in die Sentraal Karoo het steeds waterprobleme, nadat die dorp se hoofwaterpyplyn tydens 'n fratsoorstroming beskadig is. Die polisie in die Vrystaat waarsku mense om nie vals KI-foto's te versprei nie....more47minPlay
September 07, 2026Monitor: Waarskuwings van versengende hitte en droogte weens sterk El Niño7 September 2026: President Cyril Ramaphosa doen 'n beroep op integriteit in die polisiediens. SAAI waarsku dat boere hulle produksieplanne en insetbegrotings noukeurig moet hersien vir 'n sterk El Niño wat voorlê. Die DA en ANC loop volgens 'n IPSOS-peiling kop-aan-kop in die meeste metropole....more48minPlay
September 04, 2026Monitor: ANC eis dat OVK kandidaat-benoemingstelsel ondersoek word4 September 2026: Opposisiepartye stel hulle saak in die president se aansoek om die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag op hersiening te laat neem. Die ANC eis dat die aanlyn-kandidaatbenoemingstelsel dringend ondersoek word, terwyl die OVK geen verdere toegewings gaan maak nie. Die wewenaar van 'n bemanningslid van die SAS Manthathisi het drie jaar later stééds talle onbeantwoorde vrae....more47minPlay
September 03, 2026Monitor: Geen verbyvlug voor derde toets teen All Blacks3 September 2026: President Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordiger, advokaat Wim Trengove, beskryf die Artikel 89-afsettingskomitee as 'n politieke spel. Meer as 140 000 kandidate gooi hulle name in die verkiesingshoed. Die SAS Manthathisi-duikboot is terug in die water drie jaar ná die tragiese voorval in Kommetjie toe drie bemanningslede dood is. Daar sal nie ‘n verbyvlug wees vir die derde toets teen die All Blacks nie....more47minPlay
September 02, 2026Monitor: Boer laai lammers wat keelaf gesny is, by polisiekantoor af2 September 2026: Suid Afrikaners se ervaring is dat moord aan die toeneem is, al is dit teenstrydig met die polisie se misdaadstatistiek. Die Departement van Basiese Onderwys beoog nuwe regulasies om die kommunikasie tussen onderwysers en leerlinge op platforms soos WhatsApp te reguleer. ‘n Moedelose boer van Steynsrus in die Vrystaat laai die karkasse van minstens 20 lammers wat keelaf gesny is, by die polisiekantoor af....more51minPlay
September 01, 2026Monitor: Motoriste moet weer hoes vir brandstof1 September 2026: Motoriste dok weer op by die pomp. 'n Sakeman word op R200 000 borgtog vrygelaat na sy verskyning in die hof in verband met die Tembisa Hospitaal-bedrogsaak. 'n Ad hoc-komitee word in die Wes-Kaapse wetgewer op die been gebring om geweldsmisdaad te ondersoek....more49minPlay
August 31, 2026Monitor: ANC-lid in warm water oor KI-video31 Augustus 2026: 'n ANC-lid word by die Verkiesingskommissie verkla in verband met 'n kunsmatige intelligensie-gegenereerde video. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, berispe Johannesburg se burgemeester, Dada Morera. Die PAC waarsku mense om nie vir Helen Zille van die DA te stem nie....more51minPlay
August 28, 2026Monitor: Kommer oor dwelm-vervaardigingsfasiliteite in Limpopo28 Augustus 2026: Die polisie is bekommerd oor die baie onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteite wat sedert 2020 op plase in Limpopo ontdek is. Die Appèlhof in Bloemfontein sal dalk binnekort 'n verreikende beslissing oor welsynstoelaes lewer, wat die regering 'n ekstra R100 miljard per jaar uit die sak sal jaag. Boere word gemaan om kunsmatige intelligensie te benut....more49minPlay
August 27, 2026Monitor: Dodelike oorstromings in Nepal27 Augustus 2026: Die Speaker van die Nasionale Vergadering oorleef 'n mosie van wantroue. Premier Foods en vakbonde probeer 'n alternatief vind vir die sluiting van sy Tulbagh-fabriek. Die jongste oor die dodelike oorstromings in Nepal....more50minPlay
August 26, 2026Monitor: Merkbare styging in maselgevalle26 Augustus 2026: Bankbedrog styg met 19%. 'n Merkbare styging in masels landwyd. Die storm duur voort om die kop van die DA-woordvoerder oor Finansies, dr. Mark Burke....more50minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.