Die bekende Suid-Afrikaanse aktrise, Wilna Snyman, het vroeër op Monitor vir die eerste keer in die media gepraat oor Alzheimers. Maar alhoewel die fokus dikwels op mense met die toestand val, word die versorgers vergeet wat 'n moeilke en dikwels miskende taak verrig. 'n Bekende voormalige akademikus prof. Werner Zybrandts woon nou saam met sy vrou, Bibette, op Hermanus. Bibette is in 2007 met Alzheimers gediagnoseer en sedertdien loop Werner die moeilike pad van vergeet saam met sy vrou.