Afrikatale sal van volgende jaar af in grade R en 1 by tien skole per distrik, as 'n loodsprogram, ingestel word. Teen 2015 sal alle openbare skole 'n Afrikataal in die twee grade moet aanbied. Dit was een van die aankondigings wat die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, in Pretoria gedoen het. Sy het ook gesê dat 'n kurrikulum vir gebaretaal teen 2015 beskikbaar sal wees en dat die lewensvatbaarheid van skole met minder as 135 kinders oorweeg sal word.