Die kunstenaar, Lieze Stassen, wat veral onthou word vir haar CD "Thula" wat in 1997 haar 'n SAMA toekenning vir die beste kontemporêre album besorg het, het die afgelope tien jaar uit die openbare oog verdwyn.... Die dood van haar sewentienjarige seun, Alexander, het haar stem stil gemaak.... Sy het 'n jaar gelede op 'n plaas met net die perde as haar gehoor, ontdek sy kan WEER sing en musiekmaak. Sy het in 'n eksklusiewe onderhoud met Wilna Matthee gepraat oor haar pas voltooide CD "My hart is jou gebed" wat die produk is van haar heel word proses.