Vandag is Verna Vels, die skepper van vele kinderkarakters, ons ateljeegas op haar tagtigste verjaarsdag. Sy is 'n bekende skrywer en radio en TV-persoonlikheid. Menige Afrikaanse kind het grootgeword met die karakters wat sy geskep het: Liewe Heksie en haar kaboutermaatjies in Blommeland, Koning Rosekrans, Blommie, haar kat Matewis, die gesofistikeerde Karel Kat met sy helikopter, haar towerperd Griet, Kwaaitjie Kabouter en haar vyande, die Gifappeltjies.