Die volgende bydra handel oor die uitruil van huweliksmaats by klubs en ander bymekaarkomplekke. As hierdie onderwerp volgens jou onaanvaarbaar is, moenie hierna luister nie! Alhoewel dit nog weggesteek word onder 'n digte wolk van geheimsinnigheid, is daar duidelike tekens dat swinging, of die uitruil van huweliksmaats vir seksuele doeleindes, wêreldwyd en ook in Suid-Afrika, 'n groeiende bedryf is. Vandag kom swingers in ontspanningsoorde en swierige bymekaarkomplekke byeen. Monitor het agter die skerms probeer uitvind wat swinging behels.