Moslemorganisasies het die ondersoek deur die Daily Maverick na die beweerde aktiwiteite van Al Kaïda in Suid-Afrika skerp veroordeel. Die joernalis, De Wet Potgieter, sê dat die Suid-Afrikaanse owerhede 'n paar jaar al bewus is van die terreurgroep se aktiwiteite in die land. Hy beweer terreuropleiding vind ten minste op drie persele plaas, insluitend op 'n plaas naby die voormalige basis van die apartheidspolisie, Vlakplaas. Maar Moslemorganisasies sê Potgieter se ondersoekende werk is ou nuus en gebaseer op klomp ongegronde bewerings.