Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.
April 19, 2013Burgeroorlog het vernietigende effek op inwoners van SiriëDie tweejaarlange burgeroorlog in Sirië het 'n vernietigende uitwerking op die inwoners van die land. Foeta Krige was by die Gift of the Givers se hospitaal in die noordelike dorpie Darkoush toe 'n soldaat van die Free Syrian Army 'n gewonde makker by die hospitaal afgelaai het. Die soldaat wou hom na die front neem om te gaan kyk hoe die gevegte plaasvind, maar die tolk het daarteen gewaarsku. Ali Abdul Alal verduidelik hoekom die mense in die land veg en hoekom dit so gevaarlik is....more3minPlay
April 16, 2013Familie reis met veteraanmotorn Familie van ses oorkruis die afgelope 13 jaar die wêreld in 'n reuse 1928 Graham Paige-motor. Hulle het al 250,000 kilometer afgelê in 55 lande. Die ouers en hulle vier kinders, waarvan die jongste drie en die oudste tien jaar oud is, woon gereeld in die motor met sy hout wielvellings en speke, soms kamp hulle, of gaan by gasvrye mense tuis wat hulle op die reis ontmoet. Veronica Fourie het die Argentynse gesin in Port Elizabeth teëgekom....more5minPlay
April 15, 2013SA dokters na SiriëDie Suid-Afrikaanse span dokters en mediese personeel wat saam met die noodwerkersorgansiasie, Gift of the Givers, na Sirië vertrek het, is steeds in die buurland Turkye en behoort vandag die grens na die oorloggeteisterde land oor te steek. Cobus Bester praat met Monitor se uitvoerende regisseur, Foeta Krige, wat die span vergesel....more6minPlay
April 11, 2013BARCODE OF WILDLIFEBARCODE OF WILDLIFE... DEFENDING ENDANGERED SPECIES. Dit is die naam van 'n splinternuwe projek wat wetenskaplike navorsing met wetstoepassing gaan kombineer. Dr. David Shindel van die Smithsonian-instituut in Washington is tans in Suid-Afrika om die projek amptelik te begin. Die ander vyf deelnemende lande is Kenia, Nigerië, Mexico, Brasilië en 'n land in suid-oos Asië. Cobus Bester praat met dr. Shindel en prof. Michelle van der Bank van die Universiteit van Johannesburg....more10minPlay
April 09, 2013Huldeblyke stroom in vir YstervrouHuldeblyke stroom steeds in van dwarsoor die wêreld vir die eerste en enigste vroue eerste minister van Groot Brittanje, Barones Margaret Thatcher. Sy is gister in die ouderdom van 87 oorlede. Die Suid-Afrikaanse minister van Buitelandse Sake tydens haar bewind, Pik Botha, sê sy het konstruktief bygedra tot die aftakeling van apartheid....more5minPlay
April 09, 2013Ystervrou se teenstanders het groot bewondering vir haar gehadMargaret Thatcher se ideologiese teenstanders het groot bewondering vir haar gehad. Mikhail Gorbatjof, die Russiese president wat verandering in Rusland teweeg gebring het in die laat jare tagtig, het met groot deernis en respek van haar gepraat. Hy het in 1990 die Nobelprys vir vrede ontvang....more4minPlay
April 09, 2013Stryd teen renosterstropers al hoe meer gevaarlikRenosterstropers voer deesdae strooptogte met militêre presisie uit. Dit maak die teen-renosterstropery veldtogte, wat deur gewone veldwagters onderneem moet word, meer gevaarlik as in die verlede. En in hierdie stadium lyk dit nie of die oorlog in die Nasionale Kruger Wildtuin gewen word nie....more2minPlay
April 09, 2013SA oudmodel sê Thatcher het haar geïnspireerBarones Margaret Thatcher, die eerste en enigste vroue premier van Brittanje, het voor haar dood versoek om nie 'n staatsbegrafnis te kry en in staatsie te lê nie. Sy gaan net soos die Koningin Moeder, 'n seremoniële begrafnis met militêre eer by die Sint Paul Katedraal in London kry. Daarna sal sy privaat veras word. Maar op 'n ligter noot vertel 'n Suid-Afrikaner wat in London gewoon het tydens Thatcher se bewind, Sonia Cabano, hoe sy die Ystervrou ervaar het....more3minPlay
April 03, 2013Hip Hop 3 April 2013Die bekendmaking van statistiek deur die Instituut vir Rasseverhoudinge in Suid-Afrika dat meer bruin huishoudings Afrikaans praat as wit huishoudings, het die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat. Maar terwyl sommige mense stry oor watter groep Afrikaans die beste verteenwoordig en ander veg vir die behoud van Afrikaans, kry Kaapse kinders Afrikaanse poësie van kindsbeen af in. Weliswaar nie aan die voete van hulle moeders nie, maar aan die lippe van hip hop-kunstenaars....more7minPlay
April 01, 2013Eskom omgewing 1 April 2013Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, NERSA, gaan binne die volgende paar weke openbare sittings hou om die omstrede kragverskaffings-ooreenkoms tussen Eskom en BHP Billiton te bespreek. BHP Billiton gebruik sowat nege persent van Eskom se totale kapasiteit om sy twee aluminiumsmelters aan die gang te hou. Monitor het intussen ondersoek ingestel en bevind dat dit nie net die verbruiker meer geld kos nie, maar ook sy gesondheid en voedselsekerheid bedreig....more4minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.