Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.
March 27, 2013Afrikaanse gedy onder bruinmense 27 Maart 2013Is Afrikaans se toekoms in die hande van bruin mense? Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het statistiek bekendgemaak wat daarop dui dat Afrikaans die huistaal is van beduidend meer bruin as wit huishoudings. Beteken dit dat Kurt Darren se Kaptein span die seile binnekort plek moet maak vir Vullistuine van Hemelbesem op die treffersparade?...more7minPlay
March 25, 2013Afrikaans 25 Maart 2013Meer BRUIN as WIT Suid-Afrikaners praat Afrikaans. Volgens 'n bevinding van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, is bruin mense nou die TOEKOMS van die taal. Sowat 76 persent van bruin huishoudings teenoor 61 persent van wit huishoudings beskou Afrikaans as hul huistaal. Volgens die uitvoerende direkteur van kultuur by die ATKV, is bruin mense se bydrae tot die taal 'n on-ontginde goudmyn....more5minPlay
March 22, 2013Water 22 Maart 2013Suid-Afrika moet op die bewaring van sy grondwaterbronne fokus. So sê een van Suid-Afrika se voorste kenners op die gebied van waterbestuur, Carin Bosman. Bosman wat 25 jaar lank by die Departement Waterwese gewerk het waar sy onder meer direkteur van waterbronbeskerming was, het 'n meestersgraad in omgewingsbestuur en werk nou as 'n onafhanklike konsultant....more10minPlay
March 20, 2013Is die duiwel los in skole?Die Gautengse departement van onderwys werk saam met godsdiensleiers aan 'n strategie om satanisme in skole hok te slaan. Dit volg op 'n voorval by 'n Wesrandse skool, waar 'n meisie deur haar medeleerlinge met 'n mes toegetakel is. Kommer bestaan nou in sekere kringe dat sommige kinders onbillik gebrandmerk kan word....more8minPlay
March 15, 2013Vrae oor nuwe pousArgentinië jubel, want die nuwe pous is teen alle verwagting in Argentyns en nie, soos deur baie voorspel, die Brasiliaan, Odilo Scherer nie. Maar alhoewel meeste Argentyne in die wolke is oor die feit dat die nuwe pous hulle landgenoot is, het die media 'n paar vrae gehad oor Pous Franciscus die Eerste se rol tydens die sogenaamde Vuil Oorlog van die jare sewentig en vroeë jare tagtig....more4minPlay
March 14, 2013Nuwe Pous verkiesWit rook het gisteraand uit 'n skoorsteen in die Vatikaanstad geborrel - 'n aanduiding dat 'n nuwe Pous verkies is. Kardinaal Jorge Mario Bergoglio van Argentinie sal voortaan as Pous Franciskus die Eerste bekendstaan. Dis die eerste keer dat 'n kardinaal uit die Jesuït-orde en ook iemand wat nie 'n Europeër is nie tot hierdie posisie verkies is. Maar 'n Suid-Afrikaanse priester en akademikus, wat self 'n Jesuït is, sê hy glo nie die pous se nasionaliteit sal 'n verskil maak in die Katolieke kerk se beleidsake nie....more5minPlay
March 13, 2013Ograwing van Lolo Sono en Siboniso ShabalalaDie oorskot van twee vermeende polisie-informante is gister, ná 25 jaar opgegrawe. Die Nasionale Vervolgingsgesag se taakspan vir vermistes glo hulle het die oorskot van Lolo Sono en Siboniso Shabalala in die Avalon-begraafplaas in Soweto gevind. Terwyl die opgrawings voortgegaan het, het familielede van Sono en Shabalala 'n kerkdiens by die begraafplaas bygewoon....more6minPlay
March 01, 2013Wat is die verband tussen geloof en geweld teen vroue?Die minister van vroue, kinders en gestremdes, Lulu Xingwana, het Afrikaner mans om verskoning gevra oor haar stelling dat hulle hul vroue en kinders as besittings beskou en glo dat hulle die reg het om hulle dood te maak, onvoorwaardelik teruggetrek. Dit volg nadat 'n storm los gebars het oor die uitlatings met verwysing na die skietdood van Oscar Pistorius se vriendin, Reeva Steenkamp. Die vraag bly egter spook: Is daar 'n verband tussen die Christelike geloof en geweld teen vroue?...more7minPlay
March 01, 2013Eet neute en olyfolieMense wat daagliks olyf olie en neute in hul dieet insluit, se kanse is aansienlik laer om hart aanvalle en beroetes te kry. So sê Spaanse wetenskaplikes. En vir meer hieroor, praat Anita Visser met RSG se wetenskapkorrespondent, George Claassen....more3minPlay
February 26, 2013Boesman pak pad Parlement toe aanSy reis na Kaapstad het al verlede Maandag by die St. Blaize-grot in Mosselbaai begin. Piet Bêrend (dis sy Afrikaanse naam) is een van tien Boesmans van die Kalahari wat tans te voet na die Parlement op pad is. Hulle gaan daar 'n memorandum oor die regte van inheemse volke oorhandig. Hulle behoort teen môre daar aan te kom, sonder 'n afspraak, en dit op dieselfde dag as wat die minister van finansies Pravin Gordhan sy begrotingsrede lewer. Maar dit skeel Bêrend min, want wêreldwyd luister mense wanneer hy praat....more6minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.