Daar is 'n moontlikheid dat van Suid-Afrika se twaalf openbare vakansiedae kan wegval of geherstruktureer word. Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe het klagtes van die sakesektor en godsdiensgroepe ontvang oor openbare vakansiedae. Die kommissie se taakspan het onlangs sy verslag met aanbevelings oor vakansiedae aan die presidensie oorhandig. 'n Kommisaris by die kommissie, Dr Anton Knoetze, sê elke godsdienstige en kulturele groepering voel dat sekere dae vir hom belangrik is, en erken moet word.