Die omstredenheid rondom die kloning van menslike stamselle wil net nie gaan lê nie, ten spyte van die ooglopende voordele. Navorsers van die Oregon Health and Science-universiteit onder leiding van die reproduktiewe biologiespesialis, prof. Shokhrat Mitalipov, het dit reggekry om pasiëntgerigte menslike stamselle te kloon. Die kloning kan hoop gee vir die genesing van onder meer diabetes, Parkinsons, meervoudige sklerose en Alzheimers. Cobus Bester praat met prof. Anton van Niekerk van die Filosofie Departement aan die Universiteit Stellenbosch en ook direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek.