Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.
August 28, 2012Omstrede Miss Julie weer in SA ná 30 jaar'n Klassieke Sweedse toneelstuk van die laat 1800s, wat opspraak verwek het toe dit in die middel jare tagtig tydens die politieke onstuimigheid in Suid-Afrika opgevoer is, is binnekort weer terug op eie bodem. Die opvoering van MISS JULIE het konserwatiewe Suid-Afrikaners sowat 30 jaar gelede geskok weens 'n toneel waar 'n witvrou en 'n swartman mekaar op die verhoog soen. Die Baxterteater in Kaapstad dra die nuwe aanbieding op aan die legendariese plaaslike spelers, Sandra Prinsloo en John Kani, wat in daardie omstrede aanbieding was. Sarel Meintjes berig dat die jongste aanbieding van die werk binnekort 'n triomfantelike tuiskoms in Suid-Afrika sal hê....more5minPlay
August 28, 2012Blinde RSG-luisteraar se Paralimpiese droom word waar'n Blinde RSG-luisteraar van Riebeeck-Kasteel in die Wes-Kaap, die 39-jarige Jan Nehro, sê dis 'n droom bewaarheid om aan die Paralimpiese Spele in Londen deel te neem. Die Spele begin amptelik op 29 Augustus met die openingseremonie. Nehro, 'n langafstand-atleet en sy gids Duane Fortuin, neem aan die 5 000 meter vir mans deel. Dis Nehro wat blind is in beide oë, se eerste Paralimpiese Spele. Rinette van Rensburg het op die vooraand van die span se vertrek na Londen met hom kennis gemaak....more3minPlay
August 23, 2012Medisyne vir verslaafdes?'n Heroiene en crack-verslaafde, Chris Lubbe, sê sy lewe het heeltemal verander. Dit het gebeur net voor hy homself met 'n oordosis van die dwelms wou doodmaak, nadat hy in al wat 'n rehabilitasiesentrum in die land was. Hy sê hy is gered toe hy Naltrexone begin gebruik het. Kundiges meen egter dat dit met omsigtigheid gebruik moet word....more4minPlay
August 20, 2012Malema 20 Augustus 2012Die politieke ontleder Theo Venter praat oor Julius Malema se optrede by die Lonmin-myn op Marikana....more9minPlay
August 20, 2012Mynkonflik 20 Augustus 2012Chris Jacobs praat oor die konflik tussen die partye by die Lonmin-myn op Marikana....more11minPlay
August 17, 2012Christopher Bennett, 1942 - 2012'n Erediens en nagwaak sal vanmiddag vir die voormalige veteraanuitsaaier van die SAUK, Christopher Bennett, by Palm Beach aan die suidkus van Kwazulu-Natal gehou word. Die sewentigjarige Bennett is Sondag in Port Shepstone weens longongsteking en bronchitis oorlede. Sy uitsaailoopbaan strek oor drie dekades van 1960 tot 1994. Hy word beskou as een van die SAUK se beste radionuuslesers, aanbieders en onderhoudvoerders. Hy was ook een van die eerste mense om in 1976 in televisie in Suid-Afrika te begin werk....more7minPlay
August 16, 2012Nasionale OntwikkelingsplanMinister Trevor Manuel se hersiene nasionale ontwikkelingsplan is gister aan president Zuma oorhandig. Die ambisieuse plan wil onder meer armoede teen 2030 uitskakel. Anita Visser praat hieroor met prof. Dirk Kotze van UNISA se Departement Politieke Wetenskap....more7minPlay
August 15, 2012Taalkonferensie'n Afrikaanse stad as voorwaarde vir die blywende stabiliteit en groei van Afrikaans. Dis 'n idee wat gister by die taalkonferensie van die FAK en die Vereniging vir Regslui vir Afrikaans voorgehou is. Die man aan die woord was Koos Malan, professor in Publiekreg by Tukkies en 'n bestuurslid van die Vereniging vir Regslui vir Afrikaans. Nog 'n spreker was die voorsitter van die FAK-direksie, prof. Danie Goosen. Cobus Bester praat met hulle....more15minPlay
August 15, 2012Swaziland wil grond terug hê van SASwaziland kan moontlik slaag in sy aansoek by die Verenigde Nasies dat koloniale grense verander moet word. Willie Breytenbach, 'n politieke wetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, sê dit is omdat daar reeds 'n presedent is waarvolgens koloniale grense in Afrika verander is. Swaziland wil die grond terugkry wat in die 1880's aan die Suid-Afrikaanse Republieke gegee is....more4minPlay
August 14, 2012Geld = Olimpiese medaljes sê Tim NoakesAfrika, met 'n bevolking van meer as 'n miljard mense, kon slegs 31 medaljes by die Olimpiese Spele verower. Daarenteen het Frankryk, met 65 miljoen inwoners, vier medaljes méér as die hele Afrika-kontinent inpalm. Volgens 'n professor in sportwetenskap aan die Universiteit van Kaapstad, Tim Noakes, is prestasie egter direk eweredig aan die geld wat 'n land of vasteland aan hulle sportlui spandeer....more3minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.