Die redakteur van Sunday times, Mondley Makhanya, het die naweek in 'n kommentaarstuk die Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerkstigting, Dave Steward, skerp bygekom oor wat hy bestempel het as weersinswekkende paternalisme. Makhanya se aanval het gevolg op 'n artikel waarin Steward 'n stelling van president Jacob Zuma bevraagteken het dat "die ekonomiese magsverhoudinge van die apartheidsera nog grootliks behoue bly. Die eienaarskap van die ekonomie is steeds primêr in die hande van wit mans, soos dit maar altyd was." Steward sê dié redenasie berus op 'n wanopvatting. Cobus Bester praat hieroor met Dave Steward en met die hoofekonoom van die Efficientgroep, Dawie Roodt.