Wetenskaplikes in die Wes-Kaap is in 'n heftige debat gewikkel oor die streek se fynbos en bosboubedrywighede. Die een skool wil dit hê dat bosbou, soos dit tans toegepas word, skadelik is vir die Kaap se unieke fynboskoninkryk. Bosbouwetenskaplikes sê, aikôna, kry julle feite reg, ons maak 'n positiewe bydrae, ook tot die ekonomie. Cobus Bester praat hieroor met die president van die Bosbou-instituut, dr. Ben du Toit, en met die WNNR se hoofekoloog, dr. Brian van Wilgen.