Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.
June 19, 2012Kruiper 'n hoë boom in liggaam van klein manDie Khomani San leier, Dawid Kruiper, sal op 30 Junie in die Kgalagadi-oorgrenspark begrawe word. Die 76-jarige Kruiper is op 12 Junie in Upington, waarskynlik aan tuberkulose, oorlede. Die eko-avonturier en gewese SAUK-omroeper, Patricia Glyn, sê Suid-Afrika en die wêreld het 'n baie hoë boom in die liggaam van 'n klein man verloor. Angie Kapelianis het met haar op Dawid Kruiper se plaas, Witdraai, in die kalahari gepraat......more5minPlay
June 19, 2012Pippie se ma verheug oor nuwe velDie hele land het sedert verlede Maandag asem opgehou toe die veloorplanting in die Garden City kliniek in Johannesburg op die driejarige Pippie Kruger gedoen is nadat sy 80-persent brandwonde op haar lyf opgedoen het. Sy is die afgelope week onder verdowing gehou en die mediese span het gisteraand in die teater die gaas verwyder. Volgens haar dokter was die oorplanting suksesvol. Cobus Bester praat hieroor met Pippie se ma, Anice Kruger....more5minPlay
June 14, 2012Oom Dawid Kruiper, groot leier van die Khomani San, sterfDawid Kruiper, 'n tradisionele leier en geneser van die Khomani San van die Kalahari, het gisteroggend op Upington in die Medi-kliniek gesterf. Kruiper is gebore op 1 September 1935 in die Kalahari Nasionale Gemsbok Park, nou die Kgalagadi Nasionale Oorgrens Park. Anna Festus, die familie se woordvoerder en sy kleinniggie, sê Oom Dawid - soos hy bekendgestaan het - gaan in die Kalahari ter ruste gelê word, maar besonderhede sal eers ná 'n familievergadering bekendgemaak word....more5minPlay
June 13, 2012Lekota uit Nasionale Vergadering gejaag'n Sitting van die Nasionale Vergadering is ontwrig nadat die leier van COPE, Mosioua Lekota, deur die adjunkspeaker, Nomaindia Mfeketho, uitgejaag is. Lekota het geweier om sy vorige verklaring terug te trek dat president Jacob Zuma sy ampseed geminag het deur na bewering nie die kunstenaar, Brett Murray, te beskerm nie. Lekota het hierdie aantygings twee weke gelede gemaak tydens die presidensiële begrotingdebat. Verskeie opposisiepartye het uit die Nasionale Vergadering gestap in solidariteit met Lekota....more5minPlay
June 12, 2012SkolerugbyWaarheen is die land se skolerugby op pad? Dis 'n vraag wat al hoe meer gevra word te midde van berigte van toenemende ernstige beserings, gevegte op en van die veld af, en waarskuwings dat skolerugby sy sin vir waardes verloor. Cobus Bester praat hieroor met 'n vise-hoof van die Hoërskool Marais Viljoen aan die Oos-Rand en dr. Willem Boshoff, chiropraktisyn en voormalige voorsitter van die goue Leeus se afrigterskomitee....more12minPlay
June 11, 2012Johannesburg kry bykomende waardasie-lys vir 2012Die Stad Johannesburg het aangekondig dat hy 'n bykomende waardasie-lys vir 2012 saamstel. Dié lys sal sowat 83 000 bestaande eiendomme raak. Die sperdatum vir die indien van besware op dié waardasies is 29 Junie. 'n DA-raadslid van die stad se Cresta-omgewing, Laurette Van Zijl, sê die nuwe waardasies sal beteken dat huiseienaars meer belasting van 1 Julie af sal betaal....more4minPlay
June 11, 2012Ekonomie: nog moeilike tye voorDie hoofekonoom van die Tak Visserye van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye, Jacques van Zyl, sê die internasionale finansiële krisis is lank nie verby nie. Hy sê die wêreld, ook Suid-Afrika, gaan nog harde bene kou voor hy deur die trog kan kom. Cobus Bester praat hieroor met Van Zyl en ook met die hoofekonoom van die Efficientgroep, Dawie Roodt....more16minPlay
June 08, 2012Die naderende einde van die MelkwegHoewel ons nie juis ons asems hoef op te hou oor die naderende onheil nie, laat sterrekundiges se aankondiging vandeesweek oor die moontlike einde van die Melkweg heelwat stof tot nadenke. Cobus Bester praat hieroor met RSG se wetenskapkorrespondent, prof. George Claassen van die Universiteit van Stellenbosch....more5minPlay
June 08, 2012Phillip Tobias sterfPresident Jacob Zuma sê Suid-Afrika het 'n wêreldbekende wetenskaplike en unieke mens verloor met die dood van die paleo-antropoloog, prof. Phillip Tobias. Die 86-jarige Tobias het gister by die Donald Gordon Mediese Sentrum in Johannesburg aan prostaatkanker gesterf. Hy is beskou as een van die wêreld se uitstaande intellektuele, wat 'n ongelooflike vermoë gehad het om die wetenskap te ontsyfer. Tobias het meer as 10 000 studente opgelei en baanbreker-navorsing gelei oor die oorsprong van die mensdom....more7minPlay
June 08, 2012Woord van die weekCobus Bester praat met die Uitvoerende Redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, oor die woord van die week....more4minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.