Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.
May 10, 2012Duisende eise vir besering aan diens nie uitbetaal nieDuisende mense wat ernstig seergekry het en vermink is in ongelukke by die werksplek kry nie betalings van die Vergoedingsfonds nie. Die Departement van Arbeid het in Oktober 2011 'n nuwe stelsel geimplementeer wat glo tot foute en vertragings by uitbetalings gelei het. Die besturende direkteur van die vergoedingsagentskap Compsol, Fritz Luttigh, sê as daar na die syfers gekyk word wat in die jongste jaarverslag van die Departement van Arbeid verskyn, is daar die afgelope ses maande meer as 400-duisend eise wat nie uitbetaal is nie....more6minPlay
May 09, 2012Suid-Afrikaners raap Olimpiese kaartjies opPlaaslike sportliefhebbers het reeds al die beskikbare 2 860 kaartjies opgeraap om toeskouers by vanjaar se Olimpiese Spele in Londen te wees. Dié individuele kaartjies en pakkette was deel van die eerste fase van kaartjies wat aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel is. Die laaste aansoeke om kaartjies wat deur Suid-Afrika se amptelike kaartjieverskaffer, Fli-Afrika, van die hand gesit word, word op 21 Mei ingedien....more4minPlay
May 09, 2012Lagterapie al meer gewild in SADaar word altyd gesê dat lag die beste medisyne is. Dit is wetenskaplik bewys en lagterapie het so ontstaan. Dit is in die jare sewentig deur 'n mediese dokter in Indië begin en word nou al in sowat 70 lande in meer as sewe-duisend lagklubs aangebied regoor die wêreld. In verskeie lande is lagterapeute deel van die personeel by klinieke en hospitale en veral in die onkologie- en psigiatriese afdelings. Dit is baie gewild in Amerika en word selfs vir groepe in parke aangebied. Lagterapie is 'n nuwe konsep in Suid-Afrika en word al hoe meer gewild. Veronica Fourie het uitgevind dat lagterapie geen grap is nie....more5minPlay
May 09, 2012Franschhoek skud vere reg vir literêre feesDie sesde Franschhoek Literêre fees vind hierdie naweek op Franschhoek in die Wes-Kaap plaas wanneer van die land se voorste skrywers met gewone mense gesels. 'n Bundel verhale en gedigte van studente in die kreatiewe skryfwerkprogram van die Universiteit van Wes-Kaapland word ook tydens die fees bekend gestel....more5minPlay
May 09, 2012Betty se hawe'n Vrou van Nelsville buite Nelspruit is die afgelope 17 jaar besig om straatkinders, weeskinders en kinders wat deur hulle ouers weggegooi is, te versorg. Betty Mandlazi is aan die hoof van Betty se Hawe. Deesdae is sy ma van 17 kinders wat haar voltydse aandag en liefde nodig het. Sommige van hierdie kinders is nie net fisies nie maar ook verstandelik gestremd. Enigeen wat Betty en die 17 kinders in haar sorg wil help kan skryf aan [email protected] of die SAUK skakel by 011-714-5702....more5minPlay
May 09, 2012Van der Rheede: ANC besef Afrikaanses is uiteenlopendDie ANC het gister tot die besef gekom dat hulle persepsie oor die mense wat Afrikaaans praat, verkeerd is. Dit is die mening van die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, Christo van der Rheede. Die ANC het gister 'n vergadering met verskeie Afrikaanse organisasies en ander rolspelers in Johannesburg gehou....more5minPlay
May 03, 2012Jack Parow op verhoog bygedamDie kletsrymer Jack Parow sê die lede van 'n skare wat hom in Newcastle van die verhoog afgejaag het, is skynheilig. Parow, die alias van Zander Tyler, het die naweek by die Newcastle-winterfees in Kwazulu-Natal gesing. Parow het nog twee liedjies van sy vertoning oorgehad toe 'n toeskouer op die verhoog gespring het en hom wou slaan. Sensitiewe luisteraars moet kennis neem dat die volgende bydrae kru taal bevat. En die musiek is die kletsrymer Jack Parow se lied DANS DANS DANS wat hy besig was om te sing toe hy die verhoog moes verlaat. Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag....more4minPlay
April 30, 2012INDIWIDUE MOET SUID-AFRIKA HELP VERBETERSuid-Afrika is 'n land by 'n kruispad waarvan die een 'n blink toekoms is en die ander 'n mistroostige pad. So beskryf André Oosthuizen die situasie in sy boek BUT LIGHT A BRIEF CANDLE. Hy glo dat 'n land nie deur sy leiers gevorm word nie, maar deur die deelname, betrokkenheid en passie van gewone burgers. Sy storie gaan oor mense wat betrokke is by 12 projekte om gemeenskappe op te hef. Mètzi van der Merwe doen verslag....more4minPlay
April 30, 2012Hospitaal van hoopDie gesondheidsdepartement het onlangs die Oliver Tamb-distrik in die Oos-Kaap gekies as een van sy toetsgronde vir die nuwe Nasionale Gesondheidsverskeringskema. Een van die belangrikste fasiliteite in die distrik is die Zithulele Hospitaal in die voormalige Transkei. Dit bedien 'n gebied van 'n 130-duisend mense. Baie van hulle het vigs, tuberkulose of ander oordraagbare siektes. Ten spyte daarvan sien die gemeenskap die hospitaal as 'n bron van hoop. Mia Malan het die hospitaal besoek om vas stel waarom....more6minPlay
April 19, 2012Die droom van Schéhérazade.Wêreldwyd vier mense vandeesweek Kreatiwiteit en Innovasieweek. Suid-Afrikaners hoef ook nie 'n tree terug te staan op hierdie gebied nie. Die rolprentmaker, Francois Verster, vertrek vandag na Egipte waar hy die slottonele van sy dokumentêr, DIE DROOM VAN SCHÉHÉRAZADE, gaan verfilm. Schéhérazade is die prinses wat vir die sultan stories vertel het in die bekende fabel, 1001 ARABIESE NAGTE....more6minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.