Die ANC is oudergewoonte al lankal besig om vure dood te slaan, gerugte te ontken en die media en kommentators van onkunde en slegte trou te beskuldig. Volgens die party is daar nie 'n leierskapstryd aan die gang in die aanloop tot sy groot vergadering aan die einde van die jaar nie. Ontleders is nie seker dat iemand, soos Thabo Mbeki by voorbeeld, met dié stelling gaan saamstem nie. En beslis ook nie enige lid van die media wat die petalje probeer dophou nie. Cobus Bester praat hieroor met die politieke ontleder by die Noordwes Universiteit, Theo Venter, en dr. Piet Croukamp van die Universiteit van Johannesburg.