Die ingang tot die skag by die Gravelotte-myn wat verlede week ingeval en sowat 20 onwettige myners se lewens geëis het, sal waarskynlik op 21 Maart verseël word. Die uithaal van die onwettige myners se lyke is gestaak omdat dit te gevaarlik is vir die reddingswerkers. Mine Rescue Services het gister 'n verslag met dié strekking aan die Departement van Minerale Hulpbronne oorhandig. Die hoofbestuurder van Mine Rescue Services, Christo de Klerk, sê daar is egter steeds onwettige myners werksaam onder in die myn.