Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.
April 19, 2012Vrae aan SANRAL oor e-tolLuisteraars peper Monitor deesdae met vrae oor Gauteng se nuwe e-tol-stelsel. Anita Visser stel hierdie vrae aan Alex van Niekerk van die Nasionale Padagentskap....more15minPlay
April 19, 2012Graffiti laat diamanthandelaars rooi sienDie huurders van die perseel Jewel City in Johannesburg is omgekrap oor die bewoording van 'n graffiti-kunswerk wat op die muur buitekant die perseel voorkom. Die woorde, DIAMANTE IS 'N VROU SE BESTE VRIEND, MAAR DIE MENSDOM SE GROOTSTE VYAND, pryk nou op die muur. Jewel City is die tuiste van bykans 300 diamanthandelaars en die grootste diamantuitvoerder in die suidelike halfrond....more3minPlay
April 17, 2012Hazyview misdaadVolgens die polisie het renosterstropers hulle misdaadaktiwiteite van die Nasionale Kruger Wildtuin na die toeristedorp Hazyview verskuif. Dit blyk dat hierdie gewapende stropers dalk verantwoordelik kan wees vir die sowat 20 voorvalle van misdaad wat die afgelope paar weke in hierdie dorp plaasgevind het. Lede van die plaaslike gemeenskap dreig om die Nasionale Kommissaris van Polisie hof toe te vat oor verliese wat gely is deur wat hulle 'n gebrek aan dienslewering noem deur die polisie in Hazyview....more6minPlay
April 16, 2012KreatiwiteitsweekDie internasionale Kreatiwiteit- en Innovasieweek het gister afgeskop op die verjaardag van die kunstenaar en wetenskaplike, Leonardo da Vinci. Hierdie bewusmakingsweek het tien jaar gelede in Kanada begin, toe die land met 'n sogenaamde kreatiwiteitskrisis geworstel het. Daarna het dit wêreldwyd uitgebrei, waar dit veral deur maatskappye en organisasies soos die VN gevier word....more4minPlay
April 16, 2012Solidariteit 110Die vakbond, Solidariteit, is vandeesweek 110 jaar oud. Oor die jare heen het dit gegroei tot veel meer as net 'n vakbond, maar daaroor sal ons later in die week praat. Vandag gaan ons bietjie stilstaan by waar alles begin het, interessante mylpale op die pad en die redes vir die groei in die organisasie....more15minPlay
April 13, 2012Omvattende aanpassings aan verdedigingDie konsepverdedigingsoorsig wat gister aan die Minister van Verdediging oorhandig is, dui op omvattende aanpassings aan die land se verdedigingstrukture en die rol van die weermag. Die publiek word ook genooi om deur middel van sosiale media en 'n interaktiewe webwerf insae te kry in die planne en om daaroor kommentaar te lewer. Cobus Bester praat hieroor met die voorsitter van die oorsigkomitee, Roelf Meyer....more9minPlay
April 09, 2012Wit ouetehuise in Zimbabwe - 2Wat jou gevoel ookal mag wees teenoor die inwoners van Zimbabwe se wit ouetehuise - een man in Suid-Afrika het hom oor hulle ontferm. Hannes Botha is die direkteur van die Zimbabwe Pensioenaris Ondersteuningsfonds, en een maal elke ses tot agt weke laai hy twee vragmotors vol kruideniersware en pak die lang pad aan om aflewerings te doen by 28 ouetehuise en verwante instellings in Zimbabwe. Die pensioenarisse sê hulle kan nie daarsonder nie klaarkom nie....more5minPlay
April 09, 2012Wit ouetehuise in Zimbabwe - 1'n Stukkie van Rhodesië bestaan nog. Dit leef voort agter die mure van Zimbabwe se wit ouetehuise. Suna Venter het die land besoek en in die ouetehuise het sy 'n gemeenskap ontdek wat ongemaklik leef in Mugabe se Zimbabwe, maar wat nêrens anders wil wees nie....more11minPlay
April 04, 2012Monitor Argentinië 4 April 2012Die 30ste herdenking van die MALVINAS/FALKLAND oorlog. Anita Visser het met Brittanje en Argentinie se diplomate in PRETORIA gaan gesels en DIE verslag saamgestel....more8minPlay
April 04, 2012Monitor Falklandeilande 4 April 2012Vandag is die herdenking van die Falkland oorlog 30 jaar gelede. Op 2 April 1982 het Britse troepe die groep eilande aan die Oos-Kus van Suid-Amerika ingeval, nadat die Argentyne dit as hulle grondgebied wou eien....more10minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,542 episodes available.