Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,489 episodes available.
April 17, 2024Monitor 17 April 2024Suid-Afrika verklaar 'n dispuut met die Europese Unie by die Wêreldhandelsorganisasie oor regulasies op sitrus. Die OVK moedig kiesers aan wat nie op stemdag kan stem nie, om aansoek vir spesiale stemme te doen. Die DA dien 'n nuwe privatelede-wetsontwerp in om koalisieregerings op munisipale vlak beter te bestuur. Die Patriotic Alliance mik om die DA in die Wes-Kaap te onttroon....more50minPlay
April 16, 2024Monitor 16 April 2024'n Fratsoorstroming in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus eis vyf lewens. Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se persoonlike assistent, Moroadi Cholota, word in Amerika in hegtenis geneem. Landsburgers kan nou vrae en versoeke direk by die parlement indien....more49minPlay
April 15, 2024Monitor 15 April 2024Iran se aanval op Israel verhoog die spanning in die Midde-Ooste - ons praat met 'n militêre kenner. Die IVP se KZN-premierskandidaat sê die skut van sy blouligkonvooi is polities gemotiveerd. Beleggers is versigtig om in Suid-Afrika te belê voor die verkiesing....more52minPlay
April 12, 2024Monitor 12 April 2024Maart was wéér, vir die tiende agtereenvolgende maand, die warmste maand op rekord. Plantgebaseerde alternatiewe produkte vir vleis sal nou permanent op winkelrakke beskikbaar wees. Twee brandweermanne durf die Twee Oseane-halfmarathon met hulle volledige uitrustings aan - vir 'n goeie doel....more51minPlay
April 11, 2024Monitor 11 April 2024Die stadsraad van Ekurhuleni in Gauteng kies na alle verwagting vandag ’n burgemeester. E-tol kom tot ’n einde, maar jy sal steeds jou agterstallige tolgeld moet betaal. Outisme-diagnoses neem toe....more49minPlay
April 10, 2024Monitor 10 April 2024Oudpresident Jacob Zuma mag as kandidaat in die verkiesing staan. Die Hooggeregshof gevra om Zuma se private vervolging van Billy Downer en Karyn Maughan te skrap. Die Persombud tik Rapport en Media 24 oor die vingers....more51minPlay
April 09, 2024Monitor 9 April 2024Uitspraak word vandag verwag in die hofsaak om te bepaal of oudpresident Jacob Zuma op die stembrief sal verskyn. Nuwe riglyne word bekendgestel, wat beurtkrag tot op vlak 16 moontlik maak. Hoe voel jy oor 'n ANC/EFF-koalisieregering? Ons vind uit of dit kan gebeur....more49minPlay
April 08, 2024Monitor 8 April 2024Skole is in drie distrikte van die Wes-Kaap gesluit weens stormweer. Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het 'n paar brande suksesvol bekamp. Die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die ANC beplan om die DA in die Wes-Kaap te onttroon. Ons praat met die Cheetahs oor die groot vraag: Moet die Curriebeker voortgaan soos geskeduleer?...more50minPlay
April 05, 2024Monitor 5 April 2024Politieke partye beloof om die verkiesingsgedragskode te eerbiedig. Die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal weer op 4 Junie in die hof verskyn. NAVO vier sy 75ste bestaansjaar - wat hou die toekoms in vir dié verdagsorganisasie?...more51minPlay
April 04, 2024Monitor 4 April 2024Die EFF open 'n saak van crimen injuria by die polisie teen die DA-raadslid in Knysna, Sharon Sabbagh. Politieke partye is verlig oor die bedanking van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as Speaker van die Nasionale Vergadering. Vier nasionale parke gaan vergroot word....more51minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,489 episodes available.