Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,392 episodes available.
August 28, 2023Monitor 28 Augustus 2023Die DA wil hê die raad van die Johannesburg Metro moet ontbind word. Boere bereken die skade ná veldbrande in die Vrystaat. Alan Winde staan vir 'n tweede termyn as premier van die Wes-Kaap. Die opposisie in Zimbabwe weier om die verkiesingsuitslag te aanvaar....more48minPlay
August 25, 2023Monitor 25 Augustus 2023'n Tshwane-metro vergadering oor stakende werkers stort in duie. Dwaalkoeëls teister inwoners in die omgewing van die Wespark-begraafplaas in Johannesburg, waar bendeleiers en politieke figure dikwels met die skiet van vuurwapens begrawe word. Een van die slagoffers van die sogenaamde Springs Monster praat oor sy ervaring....more44minPlay
August 24, 2023Monitor 24 Augustus 2023Russiese lugvaart-owerhede bevestig dat die Wagner-hoof op 'n vliegtuig was wat neergestort het. Indië maak geskiedenis met 'n maanlanding. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike en 'n ekonoom oor die BRICS-beraad....more49minPlay
August 23, 2023Monitor 23 Augustus 2023Onderhoude word vandag gevoer met kandidate vir die amp van Openbare Beskermer. Die ondersoekende joernalis, Derek Watts, sterf. Stewige groei in die inkomste van restaurante en koffiewinkels. Zimbabwiërs trek vandag kruisies in die algemene verkiesing....more48minPlay
August 22, 2023Monitor 22 Augustus 2023Twee-en-dertig vlieëniers van die Lugmag kon die afgelope twee jaar nie vlieg nie. Opposisiepartye grom oor die Reserwebank se Phala-Phala bevindings. Die Silwerskerm-fees skud sy vere reg....more47minPlay
August 21, 2023Monitor 21 Augustus 2023Kommer oor die groot toename in moorde op polisielede. Meer as 20 lande het aansoek gedoen om by BRICS aan te sluit. Die UDF vier sy 40e bestaansjaar....more50minPlay
August 18, 2023Monitor 18 Augustus 2023Landbou vra dat die minimumloon in toom gehou word. Opposisiepartye by die veelpartykonvensie bereik 'n ooreenkoms oor die verdeling van mag. Ons praat met 'n politieke ontleder hieroor. Meer as 20 000 Kanadese vlug voor verwoestende brande....more50minPlay
August 17, 2023Monitor 17 Augustus 2023Die Solidariteit Navorsingsinstituut sê daar is nie genoeg geld in die fiskus om die Nasionale Gesondheidsversekering te befonds nie. Kommer oor die hoë werkloosheidsyfer, veral onder huiswerkers. Opposisiepartye gaan vandag voort met samesprekings om 'n voorverkiesingsooreenkoms te bereik. 'n Kragkrisis in Lichtenburg het 'n groot impak op die produksie van sonneblomolie....more50minPlay
August 16, 2023Monitor 16 Augustus 2023Verskeie politieke partye is ontevrede met die verklaring van die ANC se nasionale dialoog oor koalisieregerings, en sal dit nie onderteken nie. Intussen vind 'n gesprek onder opposiepartye oor die DA se sogenaamde "moonshot pact" vandag plaas. Die drukgroep, Open Secrets, maak skokbewerings oor die Lady R Russiese vragskip-sage....more51minPlay
August 15, 2023Monitor 15 Augustus 2023OUTA wil hê die Johannesburg Metro moet die verhoging in eiendomswaarde tot nege persent beperk. Die nasionale burgerlike organisasie ISANCO gaan deelneem aan die veelparty-konferensie. Afriforum eis optrede van die Ngwathe plaaslike munisipaliteit oor die rioolbesoedeling in die Vaalrivier. 'n Nuwe Covid-subvariant van belang is besig om wêreldwyd te versprei....more50minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,392 episodes available.