Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.
September 15, 2023Monitor 15 September 2023Minstens die helfte van kankergevalle onder kinders in Suid-Afrika word nooit gediagnoseer nie. Kommer oor die lae vervolgingskoers van plaasaanvalle- en moordsake. Opposisiepartye in Noordwes beplan om 'n mosie van wantroue in die Premier in te dien. Die Tshwane-metro sê die munisipale staking en gepaardgaande geweld is 'n poging om die stad onregeerbaar te maak....more45minPlay
September 14, 2023Monitor 14 September 2023Die raad van ondersoek na die brand in Marshalltown, Johannesburg, kry skerp tande om sy taak te verrig. Die DA maak sy premierskandidaat in Gauteng bekend. Ons praat oor gerugte dat Vlak 7-beurtkrag dalk geïmplementeer gaan word....more49minPlay
September 13, 2023Monitor 13 September 2023Meer as 2 300 mense dood en 10 000 steeds vermis ná oorstromings in Libië. Eiertekorte weens voëlgriep. Voormalige Springbokkapteins die josie in oor die Bokke se peperment-tandepasta truie....more51minPlay
September 12, 2023Monitor 12 September 2023'n Wedloop teen tyd om oorlewendes uit die puin van die aardbewing in Marokko te grawe. Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sal miljoene verloor as sy in 'n staat van beskuldiging geplaas word, ten gunste waarvan die parlement met 'n oorweldigende meerderheid gestem het. Ideologiese verskille kniehalter die NEDLAC-forum....more51minPlay
September 11, 2023Monitor 11 September 2023Ons bespreek Mangosuthu Buthelezi se nalatenskap. Die dodetal in die Marokko-aardbewing styg skerp. Ons ontleed die G20-beraad....more50minPlay
September 08, 2023Monitor 8 September 2023Die Parlement gee die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente twee weke om uitdagings in sy huidige finansieringsmodel op te los. Navorsing wys 'n toename in Suid-Afrikaners se lewenstevredenheid, ondanks 'n vertrouensbreuk tussen landsburgers en die regering. Owerhede in Johannesburg slaan toe op gekaapte geboue in die middestad....more51minPlay
September 07, 2023Monitor 7 September 2023Eskom bestee miljarde aan diesel vir turbines om noodkrag op te wek. 'n Studie wys gelduitleners gebruik slenters om skuld van leners se salarisse te verhaal. Sakevertroue styg effens in die derde kwartaal. Vroue in Mexiko het nou die reg op aborsie....more51minPlay
September 06, 2023Monitor 6 September 2023'n Rekordverhoging in brandstofpryse. Noord-Korea beplan om wapens aan Moskou te verskaf. Ons skakel oor na Pretoria, waar die span by TLU-SA se jaarkongres uitsaai....more47minPlay
September 05, 2023Monitor 5 September 2023Die Appèlhof beslis die ANC moet sy kaderontplooiingsrekords aan die DA oorhandig. Die Gautengse onderwysdepartement begin met die plasing van leerlinge vir die 2024 skooljaar. Politieke partye reageer op die verslag oor die Russiese vragskip, Lady R. 'n Studie bevind dat die bedryfsprobleme by Transnet die land se ekonomie daagliks R1 miljard kos....more49minPlay
September 04, 2023Monitor 4 September 2023'n Onafhanklike paneel bevind dat geen wapens op die Russiese skip Lady R gelaai is nie. Brande woed in die Vrystaat. Die Kill the Boer-saak sal vandag in die Appèlhof aangehoor word....more51minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.