Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,490 episodes available.
November 02, 2023Monitor 2 November 2023Die Minister van Finansies sê swakker ekonomiese groei word verwag. Opposisiepartye is bekommerd oor die toename in staatskuld. Action SA sê sy steun groei sterk in die Noord-Kaap. Rand Water waarsku dat watertekorte oor die feestyd kan voorkom....more48minPlay
November 01, 2023Monitor 1 November 2023Eskom se finansiële verlies verdubbel tot meer as R23 miljard. Daar is pessimisme in die aanloop tot vanmiddag se mediumtermynbegrotingsrede. Die Springbokspan kry 'n hartlike ontvangs met hulle terugkeer na Suid-Afrika nadat hulle die rugby-wêreldbekertoernooi gewen het....more51minPlay
October 31, 2023Monitor 31 Oktober 2023Kommer oor die impak van beurtkrag op die matriekeindeskamen. Twee mense sterf in 'n brand in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte. Suid-Afrika wil handelsbande met Amerika versterk tydens die AGOA-forum. Die DA sê groot hervorming is nodig om die land se ekonomie te herstel....more50minPlay
October 30, 2023Monitor 30 Oktober 2023Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, erken die regering is platsak. Die regering se reaksie is om koste te besnoei en nóg geld te leen. "They took us to a dark place," sê bokkaptein Siya Kolisi, wat miskien die beste opsomming van Saterdag se eindstryd is. Sal hierdie epiese en geskiedkundige oorwinning die land uit ons "donker plek" lei?...more50minPlay
October 27, 2023Monitor 27 Oktober 2023Inwoners en die polisie in die Oos-kaap en Limpopo slaan toe op buitelanders se winkels. Die DA en die joernalis, Adriaan Basson, is haaks oor sy standpunt dat die party dalk ná die verkiesing 'n koalisie met die ANC sal vorm. Rugbykoors - of dalk eerder 'n soort senuweeagtigheid - pak Suid-Afrikaners op die vooraand van die rugbywêreldbeker-eindstryd....more49minPlay
October 26, 2023Monitor 26 Oktober 2023Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys sal vandag voor die Nasionale Vergadering dien. Die ANC hersien sy koalisievennootskap met die EFF. Daar word voorgestel dat buitelanders nie meer vergoeding van die Padongelukkefonds kan eis nie. Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum in Lichtenburg is in 'n brand verwoes....more47minPlay
October 25, 2023Monitor 25 Oktober 2023Aanstaande jaar se verkiesing amptelik bekendgestel. Die vervolgingsproses teen twee regters moenie langer vertraag word nie. Hamas pleit by Arabiese lande om die aanvalle in Gaza te help stop....more49minPlay
October 24, 2023Monitor 24 Oktober 2023Die konflik in Gaza word deur 'n skerp propagandaoorlog gekenmerk. 'n Boer sterf in 'n veldbrand in die Vrystaat. Laerskool Elarduspark in Pretoria blink uit in die Rapportryers se Bybelvasvrakompetisie....more50minPlay
October 23, 2023Monitor 23 Oktober 2023Verskeie beskadigde strande langs die Tuinroete behou hulle Blouvlag-status. Die sangeres, Jodi Jantjies, vertel hoe sy met hakkel saamleef. Die Springbok-kaptein loof sy spanmaats se deursettingsvermoë teen die Rose....more50minPlay
October 20, 2023Monitor 20 Oktober 2023Die Nasionale Vergadering beveel aan dat Kholeka Gcaleka as Openbare Beskermer aangestel word. Vrystaat Landbou sê veldbrande het tot gevolg dat landbouers op kleiner skaal boer. Die DA sê die stand van die Lugmag is 'n nasionale krisis. 'n Versoek vir nasionale ingryping in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes....more52minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,490 episodes available.