Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,393 episodes available.
May 23, 2023Monitor 23 Mei 2023Minstens 15 mense in Hammanskraal reeds aan cholera oorlede. 'n Kenner verduidelik wat die grondwet oor rasteikens en raskwotas sê. Watter impak het die oorlog in Oekraïne op boere in Europa? Ons praat met die voorsitter van die Duitse Boerevereniging....more47minPlay
May 22, 2023Monitor 22 Mei 2023Kaapse Forum nader die Konstitusionele Hof om te verseker dat inwoners van die Wes-Kaap inspraak kry oor die bestuur van die polisiediens in dié provinsie. Fedsas sê spesialisopvoeders moet aangestel word om leerlinge in die grondslagfase te help om hulle leesvermoë te verbeter. Die Wêreld Landbou-organisasie hou vir die eerste keer sy jaarvergadering in Suid-Afrika. Die G7-lidlande vra China om groter druk op Rusland te plaas om die oorlog in Oekraïne te beëindig....more49minPlay
May 19, 2023Monitor 19 Mei 2023Die land se kragnetwerk sal níé ineenstort nie, maar Eskom waarsku dat 'n uiterse moeilike winter voorlê. Die internasionale gemeenskap slaak 'n sug van verligting ná die verlenging van die Swartsee-graaninisiatief. En, ons skakel oor na die span by Nampopark in die Vrystaat vir die laaste dag van die Nampo-Oesfees....more54minPlay
May 18, 2023Monitor 18 Mei 2023Bedrog is 'n al groter wordende probleem in Suid-Afrika. Die wêreld se beste olyfolie word in die Klein Karoo gemaak. Landbourolspelers vertel hoe die voedselwaardeketting verander, en hoe hulle daarby aanpas....more51minPlay
May 17, 2023Monitor 17 Mei 2023President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor 'n voorgestelde Afrikasending om vrede tussen Oekraïne en Rusland te onderhandel, laat internasionale wenkbroue lig. 'n Rolprent oor die "verlore stemme" in die Afrikaanse musiekbedryf word by die Cannes-rolprentfees vereer. Dis vandag Wêreld Bloeddrukdag....more51minPlay
May 16, 2023Monitor 16 Mei 2023President Ramaphosa sê Suid-Afrika hou by sy onafhanklike buitelandse beleid. Maar watter gevolge hou dit in? Marlinée Fouche vertel hoe Libanon en Sirië oorlog en aardbewings oorleef. By NAMPO praat Suzanne Paxton met Graan SA se bestuurshoof, en 'n ekonoom....more50minPlay
May 15, 2023Monitor 15 Mei 2023President Cyril Ramaphosa lei 'n hoëvlak besoek aan die ANC in KwaZulu-Natal. Die voormalige Eskomhoof, André de Ruyter, verras met 'n onthullende boek oor Eskom. Die verhouding tussen Washington en Pretoria vertroebel ná bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het....more51minPlay
May 12, 2023Monitor 12 Mei 2023Die VSA beskuldig Suid-Afrika dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf. Die rand val skerp teen die dollar. Koue en reën word vir groot dele van die land voorspel....more51minPlay
May 11, 2023Monitor 11 Mei 2023Die nasionale regering gaan ingryp by die bestuur van die eThwekini Metro. Daar is vier keer meer private veiligheidswagte as polisielede in die land. Gun Free South Africa wil 'n groepsgeding teen die polisiediens instel. Die Eskom-raad kom onder skoot in die parlement oor bewerings van korrupsie en misdaadsindikate by die kragvoorsiener....more52minPlay
May 10, 2023Monitor 10 Mei 2023Dit is vandag 29 jaar sedert oudpresident Nelson Mandela sy inhuldigingstoespraak gelewer het – hoe lyk ons demokrasie vandag? Onderhandelinge oor die vrylating van die gyselaar, Gerco van Deventer, vorder stadig maar seker. Ons praat met die medekaptein van die land se eerste beroepsrugbyspan vir vroue, Libbie Janse Van Rensburg....more52minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,393 episodes available.