Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.
March 17, 2023Monitor 17 Maart 2023Die polisie belowe dat die EFF nie Maandag die land tot 'n stilstand sal dwing nie. Ons vra 'n kenner of die polisie wel die staking onder beheer kan hou. Die bankreus, Credit Suisse, moet miljarde dollar leen om sy finansies te ondersteun....more49minPlay
March 16, 2023Monitor 16 Maart 2023Die EFF sê hulle sal Maandag vreedsaam betoog, tensy hulle gekeer word. Reaksie op die MRK-verslag oor Maties se taalbeleid. Die mans Proteaspan begin vandag met 'n splinternuwe witbalera. Ons praat met die kolfafrigter JP Duminy....more46minPlay
March 15, 2023Monitor 15 Maart 2023Die Wêreld Gesondheidsorganisasie vra lande om strenger wetgewing in te stel om landsburgers se soutinname drasties te verminder. Minder staal- en metaalprodukte is in Janaurie vervaardig as 'n jaar gelede. Die president van Tanzanië, Samia Suluhu Hassan, is môre op 'n staatsbesoek aan Suid-Afrika....more49minPlay
March 14, 2023Monitor 14 Maart 2023ActionSA se voorsitter in Gauteng bedank. Sikloon Freddy tref Mosambiek wéér - ons praat met 'n kenner oor dié uitsonderlike verskynsel. Die land se pampoenkoning praat oor sy bielie van 890 kilogram....more48minPlay
March 13, 2023Monitor 13 Maart 2023Huldeblyke stroom in na die dood van die kletsrymer, Costa Titch. Opposisiepartye verwerp die Openbare Beskermer se voorlopige verslag oor die Phala Phala-sage. Die president van China, Xi Jinping, maak veranderinge aan sy kabinet....more52minPlay
March 10, 2023Monitor 10 Maart 2023Die DA het 'n oorsigbesoek aan drie hospitale in Bloemfontein gedoen om die omvang van die staking deur gesondheidswerkers in dié stad te bepaal. Die Kaapse Metro gaan bome verwyder wat met die stompkopkewer besmet is. Opposisiepartye in Turkye snoer kragte saam om die regerende party in die komende verkiesing te ontsetel....more49minPlay
March 09, 2023Monitor 9 Maart 2023Amptenare van die departement van gesondheid sê daar sal streng teen stakende gesondheidswerkers optree wat hulle aan geweld of intimidasie skuldig maak. 'n Parlementêre debat oor die Afghaanse immigrante vind plaas. 'n Leeu het in Centurion in Pretoria ontsnap. Mense word gewaarsku om binneshuis met hulle kinders en troeteldiere te bly....more49minPlay
March 08, 2023Monitor 8 Maart 2023Pretoria is wéér sonder 'n burgemeester. Beurtkrag dwing die ekonomie tot op die rand van 'n resessie. Die tweede kriekettoets teen die Windies begin op die Wanderers....more48minPlay
March 07, 2023Monitor 7 Maart 2023Landsburgers het gister geen illusies gehad oor wat hulle van president Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling verwag nie. Die situasie by Wits bly gespanne met studente wat voortgaan met betogings. Die stroomdiens, Showmax, skik hom reg vir 'n nuwe gedaante....more49minPlay
March 06, 2023Monitor 6 Maart 2023'n Regskenner reageer op die ANC se prokureursbrief aan André de Ruyter. Die president se woordvoerder verdedig sy traagheid om 'n nuwe kabinet aan te kondig. Kleinboere vra die regering om toegang tot versekering....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.