Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.
April 14, 2023Monitor 14 April 2023Verskeie organisasies wil hof toe gaan ná die bekragtiging van die Wet op Diensbillikheid. Die president wil in die volgende vyf jaar beleggings van R2 000-miljard na Suid-Afrika lok. Die Munisipale Afbakeningsraad oorweeg 'n aansoek om Rustenburg in 'n metropolitaanse munisipaliteit te verander....more49minPlay
April 13, 2023Monitor 13 April 2023Die jongste nuus oor die terugkeur na Suid Afrika van Thabo Bester en Nandipha Magudumana. 'n Vrou wat jare gelede deur Bester geteiken is, vertel van haar noue ontkoming met hom. Hooggeplaastes, sakelui en staatsamptenare van regoor die wêreld is in Sandton, Johannesburgm vir die 5de Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie....more51minPlay
April 12, 2023Monitor 12 April 2023Woede oor die Facebook-verkragter, Thabo Bester, se ontsnapping meer as 'n jaar gelede, is aan die toeneem onder Suid-Afrikaners. Ons berig oor twee beskuldigdes wat intussen in die hof verskyn het in verband met Bester se ontsnapping, en nog arrestasies word in die saak verwag. Planne om die ou duikboot, SAS Assegaai, na sy laaste rusplek te verskuif, is in 'n gevorderde stadium....more50minPlay
April 11, 2023Monitor 11 April 2023Gevalle van Afrika-perdesiekte is aan die toeneem in Gauteng. Onderwysersvakbonde is bekommerd oor die toename in rooftogte by openbare skole. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie monitor 'n nuwe subvariant van Covid-19....more43minPlay
April 10, 2023Monitor 10 April 2023'n Misdaadaktivis beweer Thabo Bester het die tronk verskeie kere verlaat voor sy finale ontsnapping in Mei verlede jaar. Ons praat oor verskeie van die vrae oor dié storie, asook die mislukte uitlewering van die Guptas ontstaan. 'n jong Suid-Afrikaner kry die geleentheid om dalk eendag aan die Formule 1-kampioenskap deel te neem....more48minPlay
April 07, 2023Monitor 7 April 2023Die bloeddiens het 'n tekort aan bloedvoorraad vir die O-groep. Hoër fases van beurtkrag kan dalk hierdie winter ingestel word. Frankryk plaas sy hoop op China om Rusland te oorreed om vredesamesprekings met Oekraïne te begin....more51minPlay
April 06, 2023Monitor 6 April 2023Eskom sal wel verantwoording moet doen oor wanbesteding, nadat die regering die kragvoorsiener se vrystelling van sekere bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur voorlopig terugtrek. Die ramptoestand oor die kragkrisis word na minder as twee maande beëindig. Verkeersowerhede regoor die land is slaggereed vir wanneer Paasverkeer toeneem....more50minPlay
April 05, 2023Monitor 5 April 2023'n Spesiale gesamentlike sitting van verskeie parlementêre komitees sal vandag plaasvind oor die vrystel van Eskom om onreëlmatige en verwistende uitgawes te rapporteer. Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, sê sy vervolging weens die beweerde betaling van omkoopgeld is polities gemotiveer. Australië word die sewende land om Tiktok weens spioenasieoorwegings op regeringsfone te verban....more48minPlay
April 04, 2023Monitor 4 April 2023'n Bykomende R37,4 miljard gaan bestee word aan salarisse vir staatsdiensamptenare. Kommer oor die swak bestuur van Transnet. Finland word vandag amptelik 'n lidland van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie....more52minPlay
April 03, 2023Monitor 3 April 2023John Steenhuisen word as leier van die DA herverkies, en kom met 'n ambisieuse plan vorendag. Die veteraanjoernalis, Jeremy Gordin, word dood by sy huis in Joahnnesburg aangetref. Die luukse passasierskip, Queen Mary 2, kom vandag in Durban se hawe aan....more52minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.