Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,575 episodes available.
October 26, 2023Monitor 26 Oktober 2023Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys sal vandag voor die Nasionale Vergadering dien. Die ANC hersien sy koalisievennootskap met die EFF. Daar word voorgestel dat buitelanders nie meer vergoeding van die Padongelukkefonds kan eis nie. Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum in Lichtenburg is in 'n brand verwoes....more47minPlay
October 25, 2023Monitor 25 Oktober 2023Aanstaande jaar se verkiesing amptelik bekendgestel. Die vervolgingsproses teen twee regters moenie langer vertraag word nie. Hamas pleit by Arabiese lande om die aanvalle in Gaza te help stop....more49minPlay
October 24, 2023Monitor 24 Oktober 2023Die konflik in Gaza word deur 'n skerp propagandaoorlog gekenmerk. 'n Boer sterf in 'n veldbrand in die Vrystaat. Laerskool Elarduspark in Pretoria blink uit in die Rapportryers se Bybelvasvrakompetisie....more50minPlay
October 23, 2023Monitor 23 Oktober 2023Verskeie beskadigde strande langs die Tuinroete behou hulle Blouvlag-status. Die sangeres, Jodi Jantjies, vertel hoe sy met hakkel saamleef. Die Springbok-kaptein loof sy spanmaats se deursettingsvermoë teen die Rose....more50minPlay
October 20, 2023Monitor 20 Oktober 2023Die Nasionale Vergadering beveel aan dat Kholeka Gcaleka as Openbare Beskermer aangestel word. Vrystaat Landbou sê veldbrande het tot gevolg dat landbouers op kleiner skaal boer. Die DA sê die stand van die Lugmag is 'n nasionale krisis. 'n Versoek vir nasionale ingryping in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes....more52minPlay
October 19, 2023Monitor 19 Oktober 2023Koppe moet rol, sê Nehawu ná 'n verslag oor die brand in die parlement die vinger na die parlementêre beskermingsdiens wys. Amerika veto 'n tweede humanitêre resolusie oor Gaza in die Verenigde Nasies se veiligheidsraad. Op Mediavryheiddag wil ons weet: Vertrou jy die hoofstroom-media?...more50minPlay
October 18, 2023Monitor 18 Oktober 2023Daar is oor-en-weer beskuldigings oor wie vir die hospitaalaanval in Gaza verantwoordelik is, wat honderde lewens eis. Geen groot hoendertekorte word weens voëlgriep verwag nie. Eskom spog dat beurtkrag moontlik verby is, maar 'n kenner is skepties....more50minPlay
October 17, 2023Monitor 17 Oktober 2023Polisiebeamptes in die Wes-Kaap se verlof is gekanselleer, en dis nou stewels op straatvlak om bendegeweld te bekamp. President Cyril Ramaphosa glo groen waterstof kan die land se ekonomie betekenisvol laat groei. Die oorlog tussen Israel en Hamas versprei dalk na Libanon....more49minPlay
October 16, 2023Monitor 16 Oktober 2023Agri SA se nuwe bestuurshoof praat oor sy uitdagings. Israel beplan 'n volgende fase van die oorlog. Ons praat met Peter de Villiers oor die Bokke se vertoning teen Frankryk....more50minPlay
October 13, 2023Monitor 13 Oktober 2023Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor sy bemiddelings tussen Israel en Palestina. 'n Boek ontlok 'n debat oor die gebruik van ‘n term soos bruin om ‘n groep mense te beskryf wat deur die Apartheidsregering geklassifiseer is as Kleurling. Ons maak die wenner van die WAT Nuutskeppingskompetisie bekend....more53minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,575 episodes available.