Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,393 episodes available.
February 14, 2023Monitor 14 Februarie 2023Kommer oor die miljoene onwettige vuurwapens in die land. Vloede noodsaak die regering om 'n ramptoestand te verklaar, terwyl nóg reën vandeesweek na die noorde en ooste op pad is. Die Poskantoor beplan om 6 000 werkers af te dank....more51minPlay
February 13, 2023Monitor 13 Februarie 2023Die moord op die kletsrymer, AKA, en sy vriend ontlok wydlopende medelye en kommentaar. Die weerburo reik ’n Oranje Vlak 9-waarskuwing vir die noordelike en oostelike dele van die land uit, maar wat beteken dit? 'n Suid-Afrikaanse nooddienswerker vertel van sy ervaring in Turkye....more48minPlay
February 10, 2023Monitor 10 Februarie 2023President Ramaphosa kondig 'n ramptoestand oor die kragkrisis af, en sê hy sal 'n minister van elektrisiteit in die Presidensie aanstel. Ons ontleed die ekonomiese aspekte van die staatsrede. Hoe sal die misbruik van kunsmatige intelligensie-hulpmiddels onderrig in skole beïnvloed?...more47minPlay
February 09, 2023Monitor 9 Februarie 2023Landsburgers hoop dat president Cyril Ramaphosa in sy staatsrede rigting sal gee oor krisisse soos beurtkrag. Suid-Afrikaners betoog in Frankryk teen Total Energie se beoogde gaseksplorasie aan die Weskus. Leerders se leesvermoë neem af ná die Covid-pandemie....more54minPlay
February 08, 2023Monitor 8 Februarie 2023Die publiek kan skriftelike voorleggings indien oor die onteiening van grond vir openbare doeleindes. Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram sê 'n tekort aan werksgeleenthede is die hoofrede hoekom jong mense by terreurgroepe in Afrika suid van die Sahara aansluit. Die Reserwebank verlaag sy verwagte groeikoers vir Suid-Afrika se ekonomie weens beurtkrag....more52minPlay
February 07, 2023Monitor 7 Februarie 2023Die organiseerders van die Johannesburg Rolprentfees kan dalk vervolg word omdat hulle die fliek, Black Girl, vertoon het. Die wêreld se langste internetkabel word langs die kus van Afrika aangelê. Dit sal uiteindelik sowat 45 000 km lank wees. Die groen komeet sal hopelik van Vrydag af in die Suid-Afrikaanse hemelruim sigbaar wees....more54minPlay
February 06, 2023Monitor 6 Februarie 2023Kommer oor 'n skerp styging in nuwe gevalle van masels. Die Vrystaatse ANC oorweeg om die premier, Sisi Ntombela, te herroep. Adjunkpresident David Mabuza het bevestig dat hy sy bedanking by president Cyril Ramaphosa ingedien het....more47minPlay
February 03, 2023Monitor 3 Februarie 2023Tukkies het 'n plan om beurtkrag te beperk. 'n Miljoen Franse protesteer teen die verhoging van die aftreeouderdom. Kunsmatige intelligensie maak kuberaanvalle ál meer gesofistikeerd en suksesvol....more47minPlay
February 02, 2023Monitor 2 Februarie 2023Die voertuigvervaardigingsektor sukkel reeds, en beurtrkrag help ook glad nie. Suid-Afrikaners reageer met skok en ongeloof op die nuus dat SA Toerisme dit oorweeg om die Engelse sokkerspan, Tottenham Hotspur, as deel van 'n reklameveldtog te borg, om toerisme na Suid-Afrika te bevorder. Die aandag word weer op die gevierde digter Ingrid Jonker gevestig ná die dood van haar dogter....more49minPlay
February 01, 2023Monitor 1 Februarie 2023Bykans twee miljoen buitelandse toeriste het Suid-Afrika in Desember verlede jaar besoek. Die kredietburo, TPN, sê al hoe meer ouers kan nie hulle kinders se skoolgeld bekostig nie. Verskeie groepe wil hof toe gaan oor landsburgers se reg tot water, wat geskend word weens water- en kragonderbrekings....more50minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,393 episodes available.