Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.
May 26, 2023Monitor 26 Mei 2023Die eerste sterfte aan cholera word in die Vrystaat aangeteken. Afriforum neem watermonsters in die Vaalrivier waarvan een positief vir cholera toets. Rentekoerse styg met 'n verdere 50 basispunte. 'n Mosie van wantroue teen die burgemeester in die Nelson Mandela Metro, Retief Odendaal, word na verwagting vandag gedebatteer....more48minPlay
May 25, 2023Monitor 25 Mei 2023Verbruikersinflasie is op sy laagste vlak in maande. Kommer oor 'n skerp styging in skole se eiendomsbelasting. 'n Eeu gelede het die eerste vrou onwettig aan die Comrades deelgeneem....more44minPlay
May 24, 2023Monitor 24 Mei 2023'n Toename in gevalle van pampoentjies. Burgerregtegroepe glo konsepwetgewing oor die nasionale raad op geslagsgeweld is onvoldoende om dié misdaad te stuit. Verskeie lande oorweeg voorstelle om kunsmatige intelligensie te reguleer....more48minPlay
May 23, 2023Monitor 23 Mei 2023Minstens 15 mense in Hammanskraal reeds aan cholera oorlede. 'n Kenner verduidelik wat die grondwet oor rasteikens en raskwotas sê. Watter impak het die oorlog in Oekraïne op boere in Europa? Ons praat met die voorsitter van die Duitse Boerevereniging....more47minPlay
May 22, 2023Monitor 22 Mei 2023Kaapse Forum nader die Konstitusionele Hof om te verseker dat inwoners van die Wes-Kaap inspraak kry oor die bestuur van die polisiediens in dié provinsie. Fedsas sê spesialisopvoeders moet aangestel word om leerlinge in die grondslagfase te help om hulle leesvermoë te verbeter. Die Wêreld Landbou-organisasie hou vir die eerste keer sy jaarvergadering in Suid-Afrika. Die G7-lidlande vra China om groter druk op Rusland te plaas om die oorlog in Oekraïne te beëindig....more49minPlay
May 19, 2023Monitor 19 Mei 2023Die land se kragnetwerk sal níé ineenstort nie, maar Eskom waarsku dat 'n uiterse moeilike winter voorlê. Die internasionale gemeenskap slaak 'n sug van verligting ná die verlenging van die Swartsee-graaninisiatief. En, ons skakel oor na die span by Nampopark in die Vrystaat vir die laaste dag van die Nampo-Oesfees....more54minPlay
May 18, 2023Monitor 18 Mei 2023Bedrog is 'n al groter wordende probleem in Suid-Afrika. Die wêreld se beste olyfolie word in die Klein Karoo gemaak. Landbourolspelers vertel hoe die voedselwaardeketting verander, en hoe hulle daarby aanpas....more51minPlay
May 17, 2023Monitor 17 Mei 2023President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor 'n voorgestelde Afrikasending om vrede tussen Oekraïne en Rusland te onderhandel, laat internasionale wenkbroue lig. 'n Rolprent oor die "verlore stemme" in die Afrikaanse musiekbedryf word by die Cannes-rolprentfees vereer. Dis vandag Wêreld Bloeddrukdag....more51minPlay
May 16, 2023Monitor 16 Mei 2023President Ramaphosa sê Suid-Afrika hou by sy onafhanklike buitelandse beleid. Maar watter gevolge hou dit in? Marlinée Fouche vertel hoe Libanon en Sirië oorlog en aardbewings oorleef. By NAMPO praat Suzanne Paxton met Graan SA se bestuurshoof, en 'n ekonoom....more50minPlay
May 15, 2023Monitor 15 Mei 2023President Cyril Ramaphosa lei 'n hoëvlak besoek aan die ANC in KwaZulu-Natal. Die voormalige Eskomhoof, André de Ruyter, verras met 'n onthullende boek oor Eskom. Die verhouding tussen Washington en Pretoria vertroebel ná bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het....more51minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.