Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,533 episodes available.
October 10, 2023Monitor 10 Oktober 2023Vroueskuilings sukkel om kop bo water te hou met min befondsing deur die regering. Graad R sal binnekort verpligtend vir alle kinders wees wanneer die Bela-wetgewing goedgekeur word. Die prys van Brent-ruolie styg weens die konflik tussen Israel en Hamas. Kan inheemse kennis ons help om die aard van die heelal te verstaan? Dít en ander kwessies kom onder die loep in die dokumentêre rolprente, AITSA en ROU....more51minPlay
October 09, 2023Monitor 9 Oktober 2023Ons praat met militêre en politieke ontleders, en 'n Suid-Afrikaner in die hart van die bloedvergieting in Israel. Saartjie Botha praat oor vanjaar se Woordfees-hoogtepunte....more48minPlay
October 06, 2023Monitor 6 Oktober 2023Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, ontken dat ondersoeke na die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente weggesteek word. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat sukkel om geld in te vorder, wat dienslewering tot 'n stilstand laat kners. Elektrisiteitsopwekking daal met meer as 6% in Augustus....more48minPlay
October 05, 2023Monitor 5 Oktober 2023Polisiebeamptes wat op die Kaapse Vlakte ontplooi word, word na hulle dood gestuur. 'n Ondersoek na sogenaamde vreemde gedrag onder skoolkinders word. 'n Multimiljoen rand waterpypleiding bring verligting aan Oudtshoorn in die Klein Karoo....more48minPlay
October 04, 2023Monitor 4 Oktober 2023Duisende hektaar weidingsveld is reeds deur veldbrande in Limpopo en die Vrystaat verwoes. Meer polisielede word in Gugulethu op die Kaapse Vlakte ontplooi. Afriforum maak kapsie teen die nuwe voorgestelde regulasies oor watergebruik vir ontspanningsdoeleindes. En, 'n eerste in Amerikaanse geskiedenis......more49minPlay
October 03, 2023Monitor 3 Oktober 2023Die minister van polisie, Bheki Cele, word beveel om verskoning te vra vir sy uitbarsting teenoor die gemeenskapsaktivis, Ian Cameron. Twee wetenskaplikes ontvang die Nobelprys vir Geneeskunde vir die ontwikkeling van die mRNS-enstof teen Covid. Die rolprentmaker, Pierre de Villiers, sê daar is ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Soedan....more49minPlay
October 02, 2023Monitor 2 Oktober 2023Motoriste moet hulle staal om in Oktober weer meer vir brandstof te betaal. Reaksie op die bedanking van die bestuurshoof van Transnet. Vrystaat Landbou sê die beleid oor die invoer en private vervaardiging van entstowwe teen dieresiektes moet hersien word. Kommer oor die vervalle toestand van die Noordwes Landboumuseum....more49minPlay
September 29, 2023Monitor 29 September 2023Eskom hoop om beurtkrag in die somer tot fase vier te beperk. Ons kry die jongste nuus uit die Tshwane-metro, waar dienslewering stilstaan weens die voortslepende onwettige munisipale staking. Inwoners van Kariega in die Oos-Kaap sê daar is 'n toename in pogings van ontvoering van tienermeisies....more48minPlay
September 28, 2023Monitor 28 September 2023Wes-Kaapse boere doen skadebepalings ná die naweek se swaar reën en oorstromings. Die H7-stam van voëlgriep kom nou in minstens vyf provinsies voor. 'n Waternavorsingspesialis sê swak bestuur en instandhouding van waterinfrastruktuur dra grootliks by tot die watertekorte in Gauteng....more47minPlay
September 27, 2023Monitor 27 September 2023Sommige paaie in die Wes-Kaap is weer begaanbaar nadat storms die provinsie vroeër vandeesweek getref het. Suid-Afrika staan bekend as die proteshoofstad van die wêreld. Die laaste groep Working on Fire-brandbestryders, wat vroeër vanjaar na Kanada ontplooi is, is terug in die land....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,533 episodes available.