Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,395 episodes available.
July 21, 2022Monitor 21 Julie 2022Die Sentrale Energiefonds wil 'n staatsbeheerde gasmaatskappy stig. Die publiek kan nou kommentaar lewer op die voorgestelde wysiging van die Grondwet om gebaretaal as 'n amptelike taal te verklaar. In Upington in die Noord-Kaap het inwoners 'n vullisstortingsterrein in 'n tuin omskep....more52minPlay
July 20, 2022Monitor 20 Julie 2022Daar word verwag dat 'n verdere renteroersvehoging later dié week aangekondig sal word. 'n Navorsingsinstelling sê onwettige myners moet gereguleer word. Nog 'n organisasie wil hê polisiëring in die Wes-Kaap moet na die provinsiale regering afgewentel word....more50minPlay
July 19, 2022Monitor 19 Julie 2022Vrystaat Landbou spreek sy kommer uit oor 'n tekort aan polisievoertuie in die provinsie. Die digter Don Mattera word ter ruste gelê. Iran en Argentinië wil lidlande van die BRICS-groepering word....more46minPlay
July 18, 2022Monitor 18 Julie 2022Twee verdagtes verskyn vandag in die hof in verband met 'n plaasaanval naby Kestell in die Vrystaat, wat sewe lewens geëis het. Huldeblyke stroom in ná die dood van die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jesse Duarte. Ons saai uit vanaf Krugersdorp-Noord in Gauteng, waar daar krisispakkies aan sowat 550 mense uitgedeel word....more46minPlay
July 15, 2022Monitor 15 Julie 2022Die EFF beplan 'n nasionale staking om president Cyril Ramaphosa se bedanking te eis. Blade Nzimande sê Cosatu en die ANC staar vandag meer uitdagings in die gesig as aan die begin van ‘n demokratiese Suid-Afrika. Ivana Trump, voormalige vrou van oudpresident Donald Trump van Amerika, sterf in die ouderdom van 73 jaar....more48minPlay
July 14, 2022Monitor 14 Julie 2022Kommer oor 'n krimpende polisiemag. en wat dit vir misdaadbekamping beteken. 'n Verslag oor polisiestasies se vermoë om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te help sê dat baie sake onttrek word lank voor hofprosesse voltooi is. Die regering word tot Oktober tyd gegee om sy finansiële stelsel op te knap in die stryd teen geldwassery en terreurfinansiering. Suid-Afrika se nuwe Grensbestuursowerheid begin vandag met sy werksaamhede....more52minPlay
July 13, 2022Monitor 13 Julie 2022Miljoene kartonne sitrusvrugte kan vernietig word weens nuwe EU-regulasies. Die Kaapse burgemeester sê die perk van 100 Megawatt vir die selfopwekking van krag sonder 'n lisensie, moet verwyder word. Sri Lanka se president vlug landuit, ure voor hy sou bedank....more52minPlay
July 12, 2022Monitor 12 Julie 2022Die polisie soek vyf verdagtes in verband met die naweek se skietery by 'n taverne in Soweto. Beurtkrag kan nog weke duur. 'n Jaar nadat die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng meer as 340 mense se lewe geëis het, word daar steeds vrae gevra oor die polisie se vermoë om misdaad te bekamp....more53minPlay
July 11, 2022Monitor 11 Julie 2022Veiligheid by tavernes en sjebeens is in die kollig ná 'n reeks skietvoorvalle die afgelope naweek. Huldeblyke stroom in ná die dood van die rolprentresensent, Barry Ronge. 'n Hond wat verlede jaar tydens die onrus in Phoenix gered is, Skippy, soek steeds 'n nuwe tuiste....more53minPlay
July 08, 2022Monitor 8 Julie 2022Meer as ses miljoen pasiënte met 'n geestesgesondheidstoestand wag om gediagnoseer te word. Strafregtelike klagtes is aanhangig gemaak teen die polisieminister, maar gaan dit iets beteken? Werknemers wat werk toe gaan terwyl hulle siek of beseer is, kos die ekonomie baie geld. En, Koebaai Boris!...more48minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,395 episodes available.