Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.
September 29, 2022Monitor 29 September 2022Die DA-koalisie kry pak in die Johannesburgse stadsraad. Nog inhegtenisnemings word verwag in die Estina-melkplaas-saak. Die Proteas val lelik vas teen Indië....more50minPlay
September 28, 2022Monitor 28 September 2022Prof. Richard Calland is nie meer 'n lid van die parlementêre paneel wat president Cyril Ramaphosa moet ondersoek nie. Bykans 120 000 mense het hulle werk in die tweede kwartaal verloor. Die wal van nog 'n dam by Jagersfontein in die Vrystaat het gebreek....more48minPlay
September 27, 2022Monitor 27 September 2022Drie honderd raadslede in KwaZulu-Natal is ongeletterd. Vier Wes-Kaapse munisipaliteite skuld Eskom R255-miljoen rand. 'n Selfoonmaatskappy gaan al sy krag van onafhanklike kragverskaffers ontvang....more45minPlay
September 26, 2022Monitor 26 September 2022Aktiviste wil hê die Nama-taal moet by die volkslied ingesluit word. Giorgia Meloni gaan Italië se eerste vroue premier word. Inwoners op die Kaapse Vlakte vrees wraakaanvalle nadat nog 'n lid van die Hard Livings-bende vermoor is....more47minPlay
September 23, 2022Monitor 23 September 2022Reaksie op die jongste repokoers-verhoging. Nuwe oorlogswolke pak saam oor Oekraïne. Vandag is Wêreld Gebaretaaldag....more52minPlay
September 22, 2022Monitor 22 September 2022Die Konstitusionele Hof beslis dat die Wet op Kopiereg diskrimineer teen persone met siggestremdhede. Die Potchefstroom Landdroshof is tydelik gesluit nadat 'n deel van die gebou se dak intuimel. Die regering wil honderde staatseiendomme verkoop. Jy sal waarskynlik in Oktober duurder vir diesel betaal....more52minPlay
September 21, 2022Monitor 21 September 2022Suid-Afrikaners voel woede, frustrasie en wanhoop met Eskom se jongste rondte beurtkrag. Dis Erfenismaand en ons wonder wat daar is wat ons diverse samelewing saambind, behalwe miskien ons misnoeë met beurtkrag? Die Afrika Lugvaart en Verdedigingskou begin vandag by die Waterkloof Lugmagbasis....more51minPlay
September 20, 2022Monitor 20 September 2022AgriSA waarsku dat die voortgesette beurtkrag 'n ernome impak op voedselproduksie kan hê. Ekonome voorspel dat die rentekoers met 75 basispunte verhoog sal word. Verskeie strande in die Ethekwini-metro is steeds gesluit weens hoë vlakke van e-coli in die water....more52minPlay
September 19, 2022Monitor 19 September 2022President Cyril Ramaphosa knip sy besoek aan die Verenigde Koninkryk kort te midde van Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis. Intussen word eise vir radikale optrede gemaak. Ramaphosa het moeilike sake met president Joe Biden aangeroer tydens sy besoek aan Amerika....more53minPlay
September 16, 2022Monitor 16 September 2022Die adjunkpresident sê die regering wil onwettige mynbedrywighede hokslaan, en dat die privatisering van Eskom nie op die kaarte is nie. Inwoners van Eldorado Park slaap in tente om die polisie se aandag te kry. Die prys van sommige soorte vleis begin daal....more48minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.