Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,395 episodes available.
August 18, 2022Monitor 18 Augustus 2022'n Slagoffer van die bendegeweld by 'n ou myn naby Krugerdorp vertel van haar ervaring. 'n Staking in die staatsdiens lê dalk voor die deur. Dit is nie seker presies wanneer Namakwaland weer toe onder die blomme sal wees nie....more50minPlay
August 17, 2022Monitor 17 Augustus 2022Die Menseregtekommissie gryp in by die waterkrisis in KwaZulu-Natal. Ons vind uit waarom die Landbank homself moes verdedig teen bewerings van boelietaktiek. Vroue word aangemoedig om op te staan en hulle stem te laat hoor. Onwettige betreding op private eiendom word met nuwe wetgewing aangespreek. Die indiensneming van ouer mense met ervaring is 'n antwoord op die land se vaardigheidskrisis, maar wat van die jeug wat daardeur benadeel word?...more48minPlay
August 16, 2022Monitor 16 Augustus 2022Dis vandag tien jaar sedert die Marikana-slagting. Ons praat met een van die verslaggewers wat op die toneel was. Kommer omdat beoogde wysigings aan die Kieswet glo nie genoeg doen om die kiesstelsel te hervorm nie. 'n Klomp nie-regeringsorganisasies span saam teen gaseksplorasie. Dertig jaar van die wêreldwye web word herdenk....more47minPlay
August 15, 2022Monitor 15 Augustus 2022Die ANC Noordwes-konferensie is getref deur ongerymdhede met akkreditasie en 'n onvoltooide stemproses. Gelykheid in die werksplek kan die wêreldekonomie met duisende miljard Amerikaanse dollar laat groei. Ons vra of klimaatsverandering vinniger gebeur as wat aanvanklik verwag is. Ons sweef rond met Suid-Afrika se beste sweeftuigvlieënier. Ons vind uit hoe jy jou vlerke op 'n goedkoop manier kan sprei. Ons praat oor strokiesprente se toekoms en waarde....more49minPlay
August 12, 2022Monitor 12 Augustus 2022Frustrasie en woede oor leë beloftes oor DNS-toetse. Boere bepeins die voor- en nadele van biodiesel. Denel is op koers om te herbou, maar sal dit volhoubaar wees? Suid-Afrika het in 2021 1,1-miljoen ton papier herwin. 'n Predikant vertel waarom 'n merkwaardige kerk in Oos-Londen te koop is....more52minPlay
August 11, 2022Monitor 11 Augustus 2022Talle Springbokondersteuners is Saterdag in Mbombela tydens die kragmeting teen die All Blacks van hulle selfone beroof. 'n Skoolkind in Delft in die Wes-Kaap kry glo 'n pakkie tik in sy springmielies. Nog verdagtes verskyn dalk vandag in die hof in verband met die verkragting van agt vroue in Krugersdorp....more53minPlay
August 10, 2022Monitor 10 Augustus 2022Daar is weer oproepe dat die Kaapstad Internasionale Lughawe na Krotoa vernoem word. Die Nasionale Skuilingsbeweging eis dat die minister van polisie, Bheki Cele, afgedank word. Eskom stel 'n nuwe tariefstruktuur aan die energiereguleerder, Nersa, voor....more52minPlay
August 09, 2022Monitor 9 Augustus 2022Die regering en belanghebbendes begin 'n nasionale slaggate-veldtog. Vroue uit gemeenskappe in die Wes-Kaap sê hulle situasie het nie verbeter nie. Ons skakel oor na ons span by 'n boksateljee vir vroue in Cresta Crossing in Johannesburg....more51minPlay
August 08, 2022Monitor 8 Augustus 2022Skerp stygings in munisipale tariewe knou openbare skole se geldsake. 'n Nuwe premier van KwaZulu-Natal sal binnekort aangewys word. 'n Skietstilstand in die Gasa-strook tree in werking....more53minPlay
August 05, 2022Monitor 5 Augustus 2022Inwoners van Kagiso in Krugersdorp spring in om Zama Zamas self aan die kaak te stel. Die gesondheidsprodukte-reguleerder, SAHPRA, sê een sterfte is na aanleiding van die Jonhson & Johnson-entstof teen Covid-19 aangemeld. Die Springbokke se geheime wapen teen die All Blacks op tuisgrond is soos altyd sy groot ondersteunerstal, maar wat van die talle Suid-Afrikaners wat nie die Bokke nie, maar die All Blacks steun?...more51minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,395 episodes available.