Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.
October 13, 2022Monitor 13 Oktober 2022Nog 'n aanval op Oekraïne. Ons bespreek die moontlikheid van afstigting in die Wes-Kaap, en sprake van die afwenteling van magte. Ons praat met 'n outistiese man wat bo sy omstandighede uitgestyg het....more1h 33minPlay
October 12, 2022Monitor 12 Oktober 2022Die Tesourie word oor die vingers geraps oor sy skynbare gesloer met die Wetsontwerp op die Bekamping van Terreur en Geldwassery. 'n Herrie ontstaan oor 'n Angolese vliegtuig wat sonder klaring in Kaapstad geland het. En daar is gesprekke oor die ekonomie van die Wes-Kaap en die persepsie dat die gaping tussen ryk en arm daar al hoe groter word....more1h 35minPlay
October 11, 2022Monitor 11 Oktober 2022Burgerlikes in Oekraïne word nou deur Rusland geteiken. Krotoa is 'n wekroep om op te staan vir Khoisan-identiteit. Ons bespreek Maties se taalbeleid....more1h 34minPlay
October 10, 2022Monitor 10 Oktober 2022Regstreeks vanaf die Toyota US Woordfees in Stellenbosch: Ons kyk na oudpresident Jacob Zuma, wat sy privaatvervolging teen die staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis Karyn Mourn begin. Ons praat oor die jongste verwikkelings in Oekraïne, waar verskerpte militêre optrede die oorlog begin kenmerk. Bendegeweld in die Kaap is steeds een van die gebied se grootste probleme....more1h 23minPlay
October 07, 2022Monitor 7 Oktober 2022Transnet kondig force majeure by sy hawens en stasies aan. Kimberley is vir vyf dae sonder water. 'n Hittegolf, beurtkrag en watertekorte het 'n groot invloed op landboubedrywighede....more55minPlay
October 06, 2022Monitor 6 Oktober 2022Die gevolge van die skietdood van 'n Duitse toeris in Mpumalnga kring uit, maar die polisie sê hulle is kort op die hakke van die verdagtes. Ons praat met die SAUK se finansiële hoof oor die uitsaaier se finansies. Uitheemse karp word in die Tuinroete gevang om kos vir behoeftiges te gee....more49minPlay
October 05, 2022Monitor 5 Oktober 2022Werknemers by Transnet gaan staak. David Makhura bedank as premier van Gauteng, en word vervang met Panyaza Lesufi. Die Landbank sukkel om sy skuld te delg....more55minPlay
October 04, 2022Monitor 4 Oktober 2022Die DA gaan hof toe om Johannesburg terug te wen nadat die burgemeester, Mpho Phalatse, met 'n mosie van wantroue oonttroon is. Intercape se bestuurhoof verset hom teen die taxi-mafia. 'n Genetikus kry die Nobelprys vir fisiologie vir sy werk oor die Denisova- en Neandertal-oermense....more53minPlay
October 03, 2022Monitor 3 Oktober 2022Gautengse ouers sal van vandag af SMS'e kry met aanbiedings vir plasing in openbare skole vir 2023. Die Openbare Beskermer se kantoor bevind onreëlmatighede in die Weermag se aankoop van Kubaanse medisyne. Die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool sê beleidsonsekerheid in Suid-Afrika het in die derde kwartaal afgeneem....more49minPlay
September 30, 2022Monitor 30 September 2022'n Mosie van wantroue in die Johannesburgse burgemeester Mpho Phalatse word dalk vandag reeds aangehoor. Sakeliga vergader vandag met die regering oor die krisis in Lichtenburg in Noordwes. Sekswerk is dalk binne twee jaar wettig....more51minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,446 episodes available.