Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program is daarop gemik om dorpe in ons land te help – deur aanmoediging, aansporing, inligting en bemagtiging – om model-dorpe te word.... more
FAQs about My mooi dorp:How many episodes does My mooi dorp have?The podcast currently has 104 episodes available.
August 07, 2022My mooi dorp 7 Augustus 2022Kroonstad is onlangs bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar nadat ’n groep sakemanne en ander dorpenaars in 2018 besluit het om self in te spring en die dorp se verval om te keer. André van Pletzen, stigterslid van Kroonstad Ignite & Revive, vertel hoe hulle te werk gegaan het en gee raad vir ander dorpe....more26minPlay
July 31, 2022My mooi dorp 31 Julie 2022Hoe gaan dit met dorpe in die Mooirivier-streek? Dit gaan maar vrotsig in Klerksdorp, Sasolburg en Parys en selfs Potchefstroom. Besoedelde water en slaggate is die minste van die probleme....more25minPlay
July 24, 2022My mooi dorp 24 Julie 2022Parys is gereeld vir ure en dae sonder water en elektrisiteit. Dít het Afriforum genoodsaak om ‘n dringende hofaansoek te bring vir ingryping. Die munisipaliteit skuld Eskom R1,5 miljard, maar kom nie sy ooreenkoms vir afbetaling na nie. Ons stel vas wat in die Parys en omgewing aan die gang is....more23minPlay
July 17, 2022My mooi dorp 17 Julie 2022In die Harrismith-gebied en op Jeffreysbaai gebeur positiewe dinge, maar in Parys en Rosendal is ernstige waterkwessies. Ons fokus op die positiewe, en kyk ook na die regskwessie: Mag Eskom ’n nie-betalende munisipaliteit se krag afsny?...more27minPlay
July 10, 2022My mooi dorp 10 Julie 2022Plante groei selfs in die woestyn. Plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld deel verstommende inligting oor die Welwitchia, die oudste plant op ons planeet in die oudste woestyn op aarde, die Namib. Dié plant kan 1500 jaar oud word! Mari Hudson gesels met dr. Van Jaarsveld, wat ook vertel hoe dié plant gekweek kan word vir woestyntuine....more24minPlay
July 03, 2022My mooi dorp 3 Julie 2022Tipiese probleme by baie munisipaliteute sluit in waterlekkasie, rioolbesoedeling, wanbesteding, spook-werknemers wat onwettig en nie volgens die organogram aangestel is nie, en powere werketiek en -standaarde. Ons kyk aan die hand van drie ware voorbeelde in die Vrystaat, Laeveld en Oos-Kaap na van die probleme....more23minPlay
June 26, 2022My mooi dorp 26 Junie 2022Die stand van té veel munisiplaiteite in die land is gewoon power. Ons kyk na die bevindinge van die ouditeur-generaal en na ’n samestelling van reaksie op die ouditverslae uit RSG-onderhoude deur Gustav Greyling, Udo Carelse en Mariëtta Kruger wat eerste op Op en Wakker, Monitor en Naweekaktueel gehoor is....more26minPlay
June 19, 2022My mooi dorp 19 Junie 2022Dit is tans 'n miernes van bedrywighede in die Sondagsriviervallei waar tienduisende plukkers en pakkers besig is op die sitrusplase, vanwaar tonne sitrus word na ander wêrelddele verskeep word. ’n Nuwe rekenaarsentrum wat deur die sitrusboere moontlik gemaak is, is onlangs by een van die skole in die vallei geopen. Mari Hudson vertel meer van die projek. Ernst van Jaarveld vertel ook van fynbosplante....more28minPlay
June 12, 2022My mooi dorp 12 Junie 2022Hoe kan dorpenaars en gewone mense hulle munispaliteite op hulle tone hou? Marí Hudson praat met dr. Harlan Cloete, en hy draai nie doekies om nie, oor wat van munisipaliteite verwag word, hoe goeie leiers behoort op te tree en hoe elke gemeenskapslid betrokke kan raak....more25minPlay
June 05, 2022My mooi dorp 5 Junie 2022Die kanferbos, wildepruim, waterbessie, olienhout en Kaapse kastaiing is enkele van die bome wat goeie straatbome sal maak in die fynbos-streek. Vind ook meer uit die trots van Suid-Afrika, die protea-familie. Mari Hudson gesels met plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld oor geskikte plante vir jou dorp en streek....more28minPlay
FAQs about My mooi dorp:How many episodes does My mooi dorp have?The podcast currently has 104 episodes available.